Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Vyf in hof oor kerk se kluis

Die saak teen vyf mans van Mpumalanga wat na bewering ’n kerk se kluis wou opblaas vir die “Krugerrande” daarin, word op Vrydag 19 Mei hervat.

Hamilton Mathebula (38), Mthabeleng Mngwenya (29), Bheki Nkosi (30), Mthombisi Vicent Hlongwane (25) en Sbongile Eddie Nkosi (25) het Woensdag vlugtig in die landdroshof in Kabokweni verskyn op aanklag van die onwettige besit van ’n ploftoestel.

Die vyf is Vrydagaand (28 April) vasgetrek toe hulle glo na ’n kerk in Chweni in die Khumbulani-trustgebied naby Kabokweni onderweg was.

“Volgens inligting wat ons van die publiek gekry het, wou die verdagtes die kerk se kluis opblaas omdat hulle geglo het daar is kontant en Krugerrande daarin,” sê kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke.

Beamptes van die Valke, die taktiese reaksie-eenheid en polisie van Kabokweni het op die inligting gereageer en die mans voorgekeer. ’n Ploftoestel is glo in hul besit gevind, waarop die polisie beslag gelê het. Die motor waarin hulle gery het, ’n BMW, is ook op beslag gelê.

Die mans bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning wanneer hulle om borgtog kan aansoek doen.

Meer oor:  Mpumalanga  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.