Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Wag wat omgery is, wil gou weer werk

Mzwanele Wellem, die veiligheidswag wat op 30 April in die parkeerterrein van Die Boord-sentrum in Stellenbosch deur ’n bakkie omgery is, sê sy skrik was groot, maar dat hy nou van die petalje wil vergeet.

Mzwanele Wellem

Op ’n video wat die afgelope week op sosiale media versprei is, kan gesien word hoe Wellem (38) met die bestuurder van ’n bakkie praat, wat in ’n eenrigtingpad in die parkeerarea probeer ry. Daarna lyk dit of die bakkie bo-oor die veiligheidswag ry en dan wegry.

Iemand probeer nog tevergeefs die bakkie agterna sit.

Wellem is dadelik by die Stellenbosch Mediclinic oorkant die pad opgeneem, en dieselfde dag nog met ligte beserings ontslaan.

Wellem is sku oor die voorval en wil nie uitbrei oor wat gebeur het nie.

Johan Steyn in die hof.

“Ek voel nou al beter, maar gaan vir eers by my neef (in Stellenbosch) aansterk,” sê Wellem wat in ’n klein huisie in Kayamandi buite Stellenbosch woon.

“Ek het groot geskrik toe dit alles gebeur het.”

Hy wou nie uitbrei oor sy beserings nie.

Wellem se hoof, Michael September, het aan die poniekoerant Son gesê die bestuurder het geweier om terug te draai toe Wellem vir hom sê hy ry in ’n eenrigtingpad op.

Die bestuurder, Johan Steyn (38) van Kraaifontein, het Vrydag in die landdroshof op Stellenbosch verskyn op aanklag van poging tot moord. Die saak is tot 27 Junie vir verdere ondersoek uitgestel.

Die bestuurder van die bakkie jaag weg terwyl Wellem op die grond agterbly.

Steyn word verteenwoordig deur die bekende Kaapse prokureur Bruce Hendricks, wie se vennoot, Pete Mihalik, November verlede jaar in ’n bendeskietery in Seepunt vermoor is.

Steyn is op borgtog van R2 000 vrygelaat en word nie as ’n vlugrisiko beskou nie omdat hy nie ’n paspoort het nie.

In sy hofstukke voer Steyn aan dat sy vrou, Danine, en eenjarige seun, Evert, van hom afhanklik is en dat hy daarom nie in aanhouding kan bly nie.

Steyn voer verder aan dat die haglike toestande van die polisieselle “emosionele stres” op hom sal plaas, en dat hy nie ’n inkomste vir sy gesin sal kan verdien as hy aangehou word nie.

Hy het ook gesê dat hy geen vorige oortredings begaan het nie, en dat hy nie vir Wellem sal intimideer nie. Steyn het aangedui dat hy onskuldig gaan pleit omdat hy glo dat hy nie “enige misdaad gepleeg het nie”.

Daar is wel op Steyn se bakkie beslag gelê.

Wellem het aangedui dat hy nie die hofverrigtinge wil bywoon nie.

Hy het gesê hy wil net van die voorval vergeet en terugkeer werk toe.

Meer oor:  Veiligheidswag  |  Tref-En-Trap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.