Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Walus wil in ‘gees van ubuntu’ op parool vrygelaat word

Die regspan van Janusz Walus, moordenaar van Chris Hani, het Dinsdag gepleit dat hy in die “gees van ubuntu” op parool vrygelaat word.

Walus se regspan het in die hooggeregshof in Pretoria daarop aangedring dat die hof wél bevoeg is om ’n besluit daaroor te neem.

Adv. Roelof du Plessis, namens Walus, het gesê dit is hoog tyd dat iemand ’n besluit neem.

Janusz Walus Foto: Argief
Janusz Walus Foto: Argief

Walus, wat 27 jaar gelede die doodstraf opgelê is vir die moord op Hani, voormalige SAKP-leier, vra dat die afgelope 15 jaar van sy vonnis ongeldig verklaar word.

Die nuwe aansoek kom nadat Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, Walus se soveelste paroolaansoek ingevolge ’n vroeër hooggeregshofbevel in heroorweging geneem het. Hy het in Maart vanjaar die aansoek afgekeur.

Die hof het destyds bevind net die minister kan ’n beslissing oor ’n paroolaansoek maak.

Du Plessis het egter Dinsdag aangedring op ’n besluit van die hooggeregshof “omdat dit duidelik is dat nie die ministers of sy voorgangers die wil het (of gehad het) om die wet behoorlik toe te pas en die aansoek toe te staan nie”.

Adv. Marumo Moerane, namens die minister, het gesê dit is ironies dat Walus in die gees van ubuntu vrygelaat wil word. Hani was ’n politieke leier wat doodgemaak is – nie net iemand in die geskiedenis nie, maar ’n mens van vlees en bloed, het Moerane gesê.

Hani se weduwee, Limpho Hani, was ook in die hof saam met ’n handjie vol SAKP-ondersteuners. Sy het geweier dat foto’s van haar geneem word.

Ook sy het hofstukke by die hof ingedien om Walus se aansoek teen te staan.

Die prys wat iemand soos Walus moet betaal, is om permanent uit die samelewing verwyder te word, tensy die minister of die hof tevrede is dat hulle nie meer hul “dodelike oortuigings” buite die tronk gaan versprei nie, het sy in haar verklaring gesê.

Sy het die hof ook daarop gewys dat Walus ’n groeiende groep wit heerssugtige mense het in Pole waar hy sy parool wil uitdien.

As deel van sy aansoek het Walus gevra om sy parool in Pole uit te dien omdat sy Suid-Afrikaanse burgerskap in 2016 deur die departement van binnelandse sake gekanselleer is.

Uitspraak is voorbehou.

Meer oor:  Janusz Walus  |  Pretoria  |  Paroolaansoek  |  Ubuntu  |  Besluit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.