Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Wapensaak teen Ralph Stanfield en ander uitgestel

Die bedrogsaak in verband met vuurwapenlisensies teen Ralph Stanfield en 21 ander mense is Maandag in die streekhof in Kaapstad tot 17 Augustus uitgestel.

Die saak teen Stanfield, sy vrou, Nicole, suster, Francisca Stanfield, drie voormalige polisielede, waaronder Billy April, wat ’n luitenant in die polisie was, en twee voormalige polisieklerke, Mehloti Manganye en Mary-Gail Cartwright, en 16 ander mense sou aanvanklik Maandag begin, maar is weens Covid-19-regulasies voorlopig tot 17 Augustus uitgestel.

Die hof het gehoor dat die 22 beskuldigdes te veel is vir die hof en dat daar op 17 Augustus op ’n nuwe datum besluit sal word vir die verhoor om te begin.

Die beskuldigdes is in hul afwesigheid verskoon.

Die 16 ander mense is volgens die staat familielede en kennisse van Stanfield. Daar is aanvanklik 18 mense by die saak gevoeg, maar twee van hulle, Nazier Adams en Godfrey Owies, is intussen dood.

Stanfield en die 21 ander staan tereg op 109 aanklagte ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, bedrog, korrupsie, die vervalsing van vuurwapenlisensies, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, asook rampokkery.

Die staat voer in die gewysigde klagstaat aan dat die beskuldigdes betrokke is by die 28-misdaadbende.

Die staat voer ook aan dat hulle as lede van die 28-bende verantwoordelik was vir die koop, vervoer, gebruik, verberging en beskikbaarstelling van vuurwapens om die gebiede waar hulle bedrywig is, te beskerm teen opponerende bendes.

Ralph Stanfield en sy vrou, Nicole, met een van hul vorige hofverskynings. Foto: Die Burger
Meer oor:  Ralph Stanfield  |  Kaapstad  |  Vuurwapenlisensies  |  Hof  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.