Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Warm sjokolade, toe probeer hy seks hê’
06 September 2018

Sy sportafrigter het hom ’n koppie warm sjokolade aangebied, maar toe probeer om orale seks met hom te hê. Dié getuienis van een van die beweerde slagoffers van Collan Rex, ’n voormalige sportafrigter van die Parktown Boys’ High School, is Woensdag tydens kruisondervraging in die Johannesburgse hooggeregshof betwis.

Rex (22) het in Augustus skuld beken op 144 aanklagte van seksuele aanranding op leerlinge van die skool. Hy pleit egter onskuldig op die 183 oorblywende aanklagte teen hom. Die saak word in die hooggeregshof se sitting in Palm Ridge aangehoor.

Collan Rex, ’n voormalige sportafrigter van die Parktown Boys’ High School, buite die hof tydens ’n vorige verskyning. Foto: Simon Sonnekus

Die minderjarige seun wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, het getuig dat Rex hom in 2016 na sy koshuiskamer genooi het vir warm sjokolade.

“Hy het toe aangebied om my rug te masseer en ek het hom toe toegelaat. Toe hy besig was met die massering het hy probeer om my onderbroek uit te trek en my private dele in sy mond te sit. Ek het hom toe van my afgestoot en die kamer verlaat,” het hy getuig.

Rex ontken die voorval. Sy regsverteenwoordiger, adv. William Robertse SC, het in kruisondervraging aangevoer dit kon nie gebeur het nie, omdat Rex ’n kamer met nog ’n sportafrigter gedeel het.

Robertse wou ook weet hoekom die getuie nie die voorval aangemeld het as hy geweet het wat is toepaslik en wat nie.

“Ek het geweet dit is ontoepaslike gedrag. Ek het gevoel ek kon dit nie aanmeld nie en moes dit self verwerk,” het die seun getuig.

Robertse wou toe weet hoekom die getuie geswyg het oor die voorval in sy eerste verklaring aan die polisie en dit eers ’n jaar later, in Februarie vanjaar, bygevoeg is.

“Ek was te skaam om daaroor te praat. My ma het vermoed dat ek nie alles vir die polisie vertel het nie. Sy het my aangemoedig om dit by te sit,” het hy getuig.

Rex is in 2017 in hegtenis geneem nadat hy glo op ’n veiligheidskamera betrap is toe hy na bewering aan ’n 15-jarige leerling se geslagsdele gevat het. Hy is op borgtog van R3 000 vrygelaat.

Die saak voor regter Peet Johnson gaan Donderdag voort wanneer nog vier minderjariges sal getuig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.