Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Wat kan Magnus Malan se familie oor bewerings doen?

Die gekrenkte familie van wyle genl. Magnus Malan wat in die boek Die seuns van Bird Island van pedofilie beskuldig word, kan volgens ’n strafregkenner óf ’n interdik teen die boek kry óf ’n siviele geding aanhangig maak, of albei.

Die boek, geskryf deur Mark Minnie en Chris Steyn, is verlede Sondag in Rapport bekend gestel.

In ’n verklaring sê die uitgebreide familie hulle is uiters teleurgestel deur die “blatant valse en verregaande aantygings teen ons oorlede eggenoot, pa en oupa.

“Woorde kan nie beskryf hoe geskok ons is oor die hartelose en kwaadwillige wyse waarop die berig in Rapport en in ander media gedra is nie.

“Die familie is nie vooraf geken of vir enige kommentaar genader nie.

“Die boek en die mediaberigte daaroor is gegrond op ongetoetste en kwaadwillige bewerings.

“Magnus Malan was ’n liefdevolle en toegewyde man, pa, oupa en familieman wat geleef het volgens waardes wat ’n sterk en opregte geloofsbesef en ’n waardering vir sy medemens oor alle rassegroepe heen insluit.”

Dr. Llewelyn Curlewis, strafregkenner, sê omdat Malan dood is, kan daar nie ’n strafregtelike saak van laster en/of crimen injuria uitgemaak word omdat daar nie regstreekse benadeling teenoor hom in lewende lywe was nie.

“Die bewyslas van gebeure so lank gelede is uiters moeilik. Die misdade het in ieder geval waarskynlik verjaar.

Magnus Malan

“Die onmiddellike roete is om hangende ’n polisieondersoek na die waarheid van die bewerings ’n interdik teen die verdere publikasie en verspreiding van die boek te bekom.” Die boeke wat reeds verkoop is, kan ook herroep word indien die aansoek slaag.

Die familie kan ook ’n siviele geding weens laster aanhangig maak waarin hulle moet bewys hoe hulle benadeel is.

“Dit kan wees dat daar na dese na hulle as die kinders van ’n misdadiger verwys word, en hulle daarom verworpe voel.

“Hulle kan moontlik sielkundige getuienis aanbied en self getuig oor hoe hulle deur die beweringe benadeel is.”

Siviele eise vir skadevergoeding is moontlik, maar dit is uitgerek en duur.

Genl.maj. (afgetree) Gert Opperman, familiewoordvoerder, sê die familie voel uitgelewer nadat nog bewerings Vrydag in die media verskyn het.

Ene mnr. X het Vrydag aan Netwerk24 vertel hy is in die 80’s in Port Elizabeth na bewering deur Malan, toe minister van verdediging, en ’n ander “wit oom” gemolesteer.

“Die leuens word tot so mate herhaal dat dit na die waarheid klink,” sê Opperman.

“Nou word anonieme mense wat dwelmverslaaf was aangehaal oor bewerings wat nie getoets kan word nie. Selfs Netwerk24 kan nie die bewerings verifieer nie.

“Dit is ’n baie moeilike situasie. Bewerings word gemaak teenoor ’n man wat homself nie kan verdedig nie.

“Die familie oorweeg nog sy opsies,” sê hy.

Meer oor:  Magnus Malan  |  Bewerings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.