Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Web om Siemens-moord onthul

’n Diagram soos ’n spinnerak van mense wat by misdade in en om Bloemfontein betrokke is, is in die landdroshof in Bloemfontein onthul waar twee mense verskyn het wat met die opspraakwekkende moord op Louis Siemens verbind word.

Die wie-is-wie in die plaaslike misdaadkringe word deur ao. Karin Jacobs van die polisie se provinsiale inligtingsontledingseenheid met mekaar verbind op dié diagram wat sy aan die hof verduidelik het.

Sizwe Mpati (36), in wie se motor die moordwapen gekry is waarmee Siemens geskiet is, en Karabo Tau (41), ’n geskorste advokaat van Bloemfontein, is deel van dié web.

Karabo Tau Dinsdag in die beskuldigdebank van die landdroshof in Bloemfontein. Foto: Nyakallo Mahloko

Hulle doen aansoek om borgtog voor landdros Vuyelwa Mahamba. Hulle word met die Siemens-moord verbind en ook van die ontvoering van drie mans aangekla.

Siemens was die besturende direkteur van die Citymed-daghospitaal en is vermoor te midde van beweerde omkopery wat verband hou met hospitaallisensies.

Jacobs het borgtog teengestaan omdat daar ses sake van afpersing, bedrog en ontvoering hangende is teen Tau, terwyl hy volgens haar bekend is daarvoor dat hy by getuies inmeng.

Mpati is volgens haar onder Tau se invloed, en behoort daarom ook nie borgtog te kry nie.

Nog name wat Jacobs op haar diagram aangebring het, is dié van Motlasi Moqeti en Malefetsane (Khuze) Modise.

Moqeti was die middelman in die sluipmoord in Lesotho op die vrou van die Bloemfonteinse wapenhandelaar Peter Frederiksen.

Modise dien lewenslange vonnisse uit weens moord en is ook aan huisbraak en diefstal, roof met verswarende omstandighede en die handel in en besit van dwelms skuldig bevind nadat hy ’n skrikbewind in Botshabelo gevoer het.

Ander mense wat almal op ’n manier met mekaar verbind word, is aan transitoroof, sluipmoord en talle ander misdade skuldig bevind, of word nog gesoek.

Adv. Johan de Nysschen tree vir die staat op.

Charlotte Wesso van R.C. Ismail-prokureurs tree vir Mpati op. Busisiwe Matiwane van Regshulp SA tree vir Tau op.

Die borgtogaansoek is tot volgende maand uitgestel

* Bakili, konst. Kagisho Ishael Chabane, ’n hofordonnans in die landdroshof, en konst. Molebatsi Mogoera, ’n speurder van die Bayswater-polisiekantoor, se aansoek om borgtog word later die week voortgesit.

Mogoera se takbevelvoerder, kapt. Moeketsi Lesia, is reeds op borgtog vrygelaat.

Mojalefa Jali Molusi, ’n beweerde huurmoordenaar, se borgtog is teruggetrek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.