Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Weermag-moord: Titus in Maart gevonnis

Die vonnisverrigtinge vir Magdaleen Titus, wat haar man, stafsers. Preston Titus, laat vermoor het, en Justice Mooi is Maandag in die rondgaande hooggeregshof in Oudtshoorn tot 2 Maart uitgestel.

Magdaleen en Preston Titus Foto: Verskaf

Titus (43), ’n voormalige raadslid van Oudtshoorn, is op 29 November 2019 skuldig bevind aan die huurmoord op haar man.

Preston se lyk is op 2 Desember 2017 met steekwonde in ’n slaapkamer in die egpaar se huis by die Infanterieskool in Oudtshoorn gevind. Hy is met ’n hamer en ’n mes vermoor. Daar was geen gedwonge toegang tot die huis nie.

Titus en haar medebeskuldigdes, Mooi (30), Natasha Stuurman (38) en Masithembe January (23), is aangekla van moord met voorbedagte rade en regsverydeling. Al vier het skuld ontken. Titus en Mooi is skuldig bevind aan moord en regsverydeling. January en Stuurman is onskuldig bevind op die aanklagte teen hulle.

Titus se voormalige motorbestuurder, Sixabiso Klip (23), is reeds in Januarie 2018 in die streekhof tot 15 jaar tronkstraf vir sy aandeel in die moord gevonnis.

Klip het vroeër getuig Titus wou ontslae raak van haar man en het ’n verhouding met January gehad.

Die hof het vroeër bevind dat Titus die moord beplan het.

Titus en Mooi word aangehou totdat hulle gevonnis word.

Die saak is Maandag tot 2 Maart uitgestel omdat ’n voorvonnis-verslag afgewag word.

Meer oor:  Preston Titus  |  Oudtshoorn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.