Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Weermag-moord: Uitspraak Donderdag gelewer
Magdaleen en Preston Titus. Foto: Facebook

Uitspraak word na verwagting Donderdag gelewer in die verhoor van Magdaleen Titus (42), ’n voormalige raadslid van Oudtshoorn, wat aangekla word van die moord op haar man, stafsers. Preston Titus.

Preston (47) se lyk is op 2 Desember 2017 met steekwonde op die vloer van ’n slaapkamer in die egpaar se huis by die Infanterieskool in Oudtshoorn gekry. Daar was geen gedwonge toegang tot die huis nie.

Magdaleen en haar medebeskuldigdes, Natasha Stuurman (38), Justice Mooi (30) en Masithembe January (23), word van moord met voorbedagte rade en regsverydeling aangekla. Die vier ontken die aanklagte teen hulle. Almal behalwe Mooi het borgtog gekry.

Magdaleen se voormalige motorbestuurder, Sixabiso Klip (23), is reeds in Januarie 2018 in die streekhof in Oudtshoorn tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis vir sy aandeel in die moord op Preston. Hy het vroeër getuig Magdaleen wou glo van Preston ontslae raak en dat sy ’n verhouding met January gehad het.

Slotbetoë in die saak is Vrydag in die rondgaande hooggeregshof in Oudtshoorn aangehoor en die saak is toe deur regter Nolwasi Boqwana tot Donderdag vir uitspraak uitgestel.

Preston sou volgens die Facebookblad “Justice for Preston Titus” op 20 Februarie vanjaar sy 49ste verjaardag gevier het.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Moord  |  Hof  |  Uitspraak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.