Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Weermag skors 4 soldate soos hof beveel

Vier lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) was teen Vrydag geskors soos wat die hooggeregshof in Pretoria verlede week beveel het.

Die weermag het Vrydagaand in ’n kort verklaring gesê hulle het voldoen aan regter Hans Fabricius se rits bevele rakende die voorval waarin Collins Khosa (40) op Goeie Vrydag (10 April) in Alexandra, Johannesburg, dood is nadat weermaglede hom aangerand het.

Sy familie het verlede Vrydag ’n dringende aansoek by die hof ingedien vir ’n verklarende bevel oor die veiligheidsmagte se rol en het gevra dat opdrag gegee word dat ’n klagte-meganisme vir burgerlikes geskep word.

Dit was veral teen Bheki Cele, minister van polisie, en Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, asook ander respondente in die staat gemik.

Fabricius het in sy uitspraak beveel dat alle weermaglede en lede van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) wat naby die toneel was waar Khosa aan­gerand is, binne vyf dae hangende tugoptrede met volle betaling geskors word.

Die twee ministers moet ook binne vyf dae ’n gedragskode en operasionele prosedures opstel vir lede se optrede terwyl die ramptoestand geld.

Isabel Venter het vroeër berig die hof het gelas dat die twee ministers ook riglyne moet opstel en publiseer oor wanneer geweld gebruik mag word; hoe reëls vir die handhawing van ’n gesonde afstand en mense se bewegings opgedwing moet word; wanneer iemand in hegtenis geneem mag word; en waar die publiek kan gaan kla oor die optrede van lede van die weermag, die polisie en ander veiligheidsmagte.

Die twee ministers is ook daarvoor verantwoordelik gemaak om toe te sien dat die ondersoek na die omstandighede van Khosa se dood voor 4 Junie afgehandel is.

Alle lede van die veiligheidsmagte moet ingelig word dat hulle ingevolge die Grondwet en die reg moet optree.

In reaksie hierop het die SANW Vrydagaand gesê: “Die minister van verdediging en militêre veterane voldoen aan die hooggeregshof se bevel om soldate wat teenwoordig was tydens die beweerde aanranding van ’n burgerlike in die Alexandra-township te skors.”

Ons repliek word deur die hof aan die hof vereis, nie aan die media nie. Ons het wel antwoorde aan die hof verskaf.

Luidens die verklaring het die SANW ook gereageer (met antwoorde aan die hof) op die hofuitspraak, soos vereis is.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het ook Vrydag gesê hulle het binne die hof se keerdatum op die regter se bevele gereageer.

By navraag oor ’n uitgelekte dokument wat die nuwe riglyne aan polisielede uitstippel, het hy gesê dit is ’n interne dokument.

“Ons repliek word deur die hof aan die hof vereis, nie aan die media nie. Ons het wel antwoorde aan die hof verskaf,” het hy gesê.

Naidoo, sowel as Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, wat ook by die voorval geïmpliseer is, het daarop gewys dat die bevel dat betrokkenes geskors moet word, nie op hul lede van toepassing is nie, maar net op die betrokke SANW-lede.

Minnaar het ook bevestig dat die JMPD wel met ’n interne ondersoek na die voorval besig is.

Meer oor:  Pretoria  |  Weermag  |  Skors  |  4 Soldate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.