Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Weermaglid van Bfn in hof oor ‘gesteelde’ enjins

’n Soldaat van Bloemfontein verskyn weer die einde van die maand in die militêre hof nadat hy na bewering enjins en ewenaars van militêre voertuie van meer as ’n R1 miljoen gesteel en verkoop het.

Stafsers. Hans van Wyk (44), wat by 1 Spesiale Diensbataljon (1SDB) op die Tempe-weermagbasis in Bloemfontein gestasioneer is, het reeds Woensdag in die militêre hof verskyn.

’n As van ’n militêre voertuig was deel van die beweerde gesteelde weermageiendom wat by die skrootwerf gevind is. Foto: Verskaf

Sy verhoor is tot 30 Julie uitgestel.

Van Wyk is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy glo ’n ratel-enjin, twee ewenaars van tenks en vier geweerkaste gesteel en na bewering aan ’n skrootwerf verkoop het.

Brig.genl. Mafi Mgobozi, die woordvoerder van die weermag, het bevestig Van Wyk is in hegtenis geneem na ’n gesamentlike ondersoek deur die militêre polisie se intelligensiediens en die polisie in Bloemfontein se misdaadintelligensie-eenheid.

Volgens Mgobozi het Van Wyk die enjin, ewenaars en geweerkaste na bewering by die weermag se mobiliseringsentrum op De Brug, buite Bloemfontein, en sy eenheid op die Tempe-weermagbasis gesteel en dit met ’n weermagvoertuig vervoer.

Netwerk24 verneem die enjin was nog splinternuut en dat Van Wyk glo by ’n skrootwerf in die stad aangekeer is.

Die ratel-enjin en die vier geweerkaste is teruggevind.

Beweerde gesteelde enjindele van militêre voertuie wat teruggevind is toe stafsers. Hans van Wyk aangekeer is. Foto: Verskaf

* In ’n ander saak is kol. Alicia Andiswa Mdekazi (58), ’n senior personeellid by die verkrygingsafdeling van die weermag se afdeling vir mensehulpbronne in Pretoria, in ’n hersiende vonnis tot vier jaar tronkstraf en afdanking uit die weermag gevonnis.

Die militêre appèlhof het Mdekazi, wat vroeër skuldig bevind en gevonnis is, se straf op Vrydag 5 Julie van ontslag uit die weermag verander in vier jaar direkte tronkstraf.

Volgens Mgobozi het Mdekazi in 2010 misdade gepleeg toe sy in twee gevalle haar rang en posisie gebruik het om haar ondergeskiktes en kollegas te beïnvloed om verskeie korrupte transaksies te bewerkstellig wat ’n verwerpte aansoeker vir ’n militêre vaardigheidsontwikkelingstelsel bevoordeel het.

Sy het R2 000 van die aansoeker se ma, wat ook ’n adjudant-offisier in die weermag is, ontvang in ruil daarvoor. Die adjudant-offisier is ook aangekla vir haar aandeel.

Mdekazi is ook skuldig bevind aan die onwettige voorstelling aan die SANW deur toegang tot mensehulpbronne se verkrygingstelsel te kry en ’n ander aansoeker se aanstelling op ’n bedrieglike manier goed te keur. Dié aansoeker is vroeër afgekeur.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Soldaat  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.