Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Weermaglid vas oor beweerde slenter

’n Lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) sal Dinsdag in die militêre hof in Thaba Tshwane in Pretoria op aanklagte van korrupsie verskyn.

Volgens brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die weermag, is die adjudant-offisier verlede Vrydag deur lede van die militêre polisie en die weermag se intelligensie-eenheid in hegtenis geneem nadat hul inligting oor bewerings van korrupsie van slagoffers in die Tshwane-metro ontvang het. Die beskuldigde was glo by ’n slenter oor die werwing van nuwe lede vir die weermag betrokke.

Volgens Mgobozi word die adjudant-offisier deur die militêre polisie aangehou en sal meer inligting ná sy eerste hofverskyning gegee word.

Hy het die publiek intussen gewaarsku dat die SANW nie enige geld vir aansoeke vir werk vra nie en dat daar nie van werwingsagentskappe gebruik gemaak word nie.

“Die weermag duld nie sulke optrede nie en neem korrupte aktiwiteite van enige aard baie ernstig op,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.