Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Weermagmoord: Raadslid het ‘baie verhoudings gehad’

Magdaleen Titus, ’n ANC-raadslid van Oudtshoorn wat teregstaan op aanklag van moord op haar man, stafsers. Preston Titus, het glo “baie” buite-egtelike verhoudings gehad.

Magdaleen Titus
Magdaleen Titus en stafsers. Preston Titus. Foto: Verskaf

Haar voormalige motorbestuurder, Sixabiso Klip (23), het Maandag in die rondgaande hof op Oudtshoorn getuig dat een van hierdie verhoudings met een van haar medebeskuldigdes, Masimthembe “MJ” January (23), was.

Die lyk van Titus se man, Preston, is op 2 Desember 2017 met steekwonde op die vloer van ’n slaapkamer in sy huis in die Infanterieskool op Oudtshoorn gevind. Daar was geen gedwonge toegang nie.

Titus en January staan saam met Justice Mooi (30) en Natasha Stuurman (38) tereg op aanklagte van moord met voorbedagte rade en regsverydeling.

Klip is reeds op 19 Januarie 2018 in die streekhof op Oudtshoorn 15 jaar tronkstraf opgelê. In sy pleitooreenkoms het hy Titus as die “baasbrein” van die moord op haar man beskryf.

Volgens hom was Titus soos ’n tweede ma vir hom en Preston was vir hom soos ’n oom.

Volgens hom was die moord aanvanklik vir 30 November beplan, maar van Preston se vriende het die dag opgedaag en die aand in die huis oorgeslaap.

Hy het getuig dat Mooi en ’n onbekende man vroeër by die begraafplaas opgelaai is. Hulle het in Stuurman se huis tuisgegaan.

Die moord is toe tot die volgende middag uitgestel. Klip het hulle na die Titus-huis geneem en hulle as “pastore” aan Preston voorgestel. Hy het buite gaan rook en met die terugkomslag in Xhosa aan Mooi gesê die bure is buite en hulle moet gaan.

Volgens hom het hy gejok omdat hy nie die getuie van ’n moord wou wees nie.

Klip het ook ’n hamer saamgebring wat Mooi gevra het. Hy het Stuurman se motor later die aand bestuur toe hulle weer na die Titus-huis is. Ná sowat 20 minute het Mooi en die onbekende man uitgekom.

“Die onbekende man was gespanne en het gesê: ‘Gaan, gaan, gaan’,” het Klip gesê.

Volgens hom het hy van Oudtshoorn af via Robinsonpas na Mosselbaai gery om die twee op George by die Gateway Lodge af te laai, waar Titus plek vir twee “ANC-lede” bespreek het.

Langs die pad het die mans swart sakke uit die motor gegooi. Volgens Klip weet hy nie wat in die sakke was nie.

Die hof het verlede week gehoor dat Preston waarskynlik met ’n hamer en ’n mes vermoor is.

Klip het getuig dat Titus albei mans R30 000 aangebied het, asook vir hom en die belofte van ’n werk.

Die verhoor duur voort.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Hofsaak  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.