Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Weermagoffisier van poging tot moord aangekla ná MIV-oordrag

AfriForum se privaat vervolgingseenheid het Donderdag amptelik ’n weermagoffisier wat na bewering ’n slagoffer met MIV besmet het, in die landdroshof in Pretoria van poging tot moord aangekla.

Die alternatiewe klagte teen die beskuldigde is gemeenskap onder valse voorwendsels in terme van die Wet op Seksuele Misdrywe, sê adv. Phyllis Vorster namens AfriForum.

Die wet bepaal ook dat ’n beskuldigde se naam nie openbaar gemaak mag word alvorens die persoon gepleit het nie.

“Ongeveer drie jaar ná die voorval kan die slagoffer nou ten minste effe berusting daarin vind dat die saak wel volledig ondersoek is,” het Vorster ná die hofverskyning aan Netwerk24 gesê. Sy het ook genoem dat dit maar die derde saak in sy soort in Suid-Afrika se regsgeskiedenis is.

“Ons is vol vertroue dat ons reeds met die volgende hofverskyning in September ’n hofdatum sal kan vasstel.”

AfriForum se privaat vervolgingseenheid het in 2018 by dié saak betrokke geraak nadat ’n lid van die media die eenheid om hulp genader het.

Ongeveer drie jaar ná die voorval kan die slagoffer nou ten minste effe berusting daarin vind dat die saak wel volledig ondersoek is.

Volgens Vorster het die eenheid verneem dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) glo versuim het om die nodige inligting aan die nasionale vervolgingsgesag te openbaar.

“Die SANW het nie enigiemand met MIV besmet nie. Dit is ’n private saak tussen twee persone en dit is die eerste wat ons hiervan hoor,” sê Siphiwe Dlamini, woordvoerder, op navraag.

Vorster ontken dit egter ten sterkste en sê AfriForum het beslis “verskeie” skrywes aan die SANW gestuur.

• Die beweerde slagoffer voer aan dat sy deur ’n weermagoffisier met MIV besmet is – dit terwyl die betrokke offisier glo bewus was dat hy MIV-positief is en hierdie feit verswyg en ontken het.

Die slagoffer is ook self ’n lid van die (SANW) en die beskuldigde word aangekla van poging tot moord.

Meer oor:  Miv  |  Afriforum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.