Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Weggegooide nommerplaat plaas man op ongelukstoneel

’n 30-jarige man wat versuim het om op die toneel van ’n noodlottige ongeluk stil te hou, is deur middel van sy lisensieskyf en nommerplate vasgetrek nadat hy dit vermoedelik kort ná die ongeluk langs die pad weggegooi het.

Die man het Maandag op aanklag van strafbare manslag en die versuim om by ’n ongelukstoneel stil te hou in die landdroshof in Oos-Londen verskyn.

Volgens kapt. Mluleki Mbi, polisiewoordvoerder, het die man blykbaar die bakkie bestuur wat Saterdag in die vroeë oggendure teen ’n Volkswagen Golf-motor gebots het. Die ongeluk het op die Amalinda-hoofpad by ’n kruising naby die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) gebeur.

Mbi sê drie insittendes van die Golf is op die toneel dood verklaar, terwyl nog twee insittendes later in die hospitaal dood is. Nog ’n insittende van die Golf is in ’n bedenklike toestand in die hospitaal.

Die polisie beweer die bestuurder van die bakkie het sy nommerplate en lisensieskyfie verwyder en daarvan ontslae geraak nadat hy van die ongelukstoneel af weggejaag het.

Die polisie het die nommerplate en skyfie later in die bosse gekry.

Die hof het die bakkiebestuurder Maandag op borgtog van R500 vrygelaat en die saak is tot 10 Julie uitgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.