Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Wêreld praat oor Henri van Breda
Die koerant ‘The West Australian’ berig oor Henri van Breda (21) se inhegtenisneming. Foto: Skermgreep
Die ‘Herald Sun’ se berig Dinsdag oor Henri van Breda (21). Foto: Skermgreep
Die Daily Mail Online in Engeland het ook oor Henri van Breda (21) se inhegtenisneming geskryf. Foto: Skermgreep

Die inhegtenisneming van Henri van Breda het die wêreld- en sosiale media sedert Maandag aan die praat.

Die Australiese koerant The West Australian het berig Van Breda (21), ’n voormalige leerling aan die Scotch College in Melbourne, is vir die moord op sy ouers en broer in hegtenis geneem. Die Van Breda-gesin het sowat sewe jaar in Perth gewoon en die koerant het ook verlede jaar oor die moorde geskryf.

Nog ’n Australiese koerant, die Herald Sun, het berig Van Breda word daarvan aangekla dat hy die bylmoord gepleeg het. Sy suster, Marli van Breda, het “merkwaardig herstel” ná die aanval, berig die koerant.

Engeland se Daily Mail Online het berig dat Van Breda vir familie geglimlag het toe hy Dinsdag in die hof verskyn het.

“Henri van Breda” was ook Dinsdagoggend ’n besprekingspunt op Twitter.

“Dié verdediging gaan waterdig wees. Kyk maar. Hy het tyd gehad,” het @RobyStarCT getwiet.

“#HenriVanBreda asseblief kom net met die hele sak patats vorendag!! Hoekom #18maande wag?” wou @NielLehani weet.

“#HenriVanBreda het vir meer as ’n jaar vir die polisie gejok oor daardie moorde. Tog staan die staat nie borgtog teen nie,” het nog ’n verontwaardigde Twitter-gebruiker laat hoor.

Nuusstories oor die borgtogverhoor en aanklagte teen Van Breda is Dinsdag wyd op Facebook gedeel.

Meer oor:  Marli Van Breda  |  Henri Van Breda  |  Stellenbosch  |  De Zalze  |  Bylmoorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.