Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Wiers-moord: Beskuldigde sê polisie maak foute

Die vermeende moordenaar van Tanya Wiers (44) van Polokwane sê die polisie het nooit sy grondwetlike regte aan hom verduidelik nie.

Frans Maela (28) het Woensdag so in die hooggeregshof in Polokwane getuig.

Rolf en Tanya Wiers was 20 jaar getroud toe sy in 2017 in Polokwane vermoor is. Foto: VERSKAF

Hy ontken dat hy Wiers op 7 Februarie 2017 verkrag, vermoor en beroof het.

Maela het aan die hof gesê hy vermoed hy is in hegtenis geneem omdat hy “naby aan die misdaadtoneel was”.

Hy het erken dat hy 14 maande as tuinwerker vir Guido de Marre by Loganstraat 107 in Eduanpark gewerk het. Dié huis is langs die huis waarin Wiers meer as 20 keer met ’n skêr en ’n steakmes doodgesteek is.

Haar oë is uitgekerf. Die hof het gehoor sy is dood weens veelvuldige diep steekwonde.

Maela het gesê hy weet nie waar kapt. Lawrence Mametja, een van die polisie se ondersoekers, ’n DNS-monster van hom gekry het nie.

Hy het aan die hof gesê Mametja het wel op 8 Februarie ’n DNS-monster uit sy wang geneem, “maar hy het gesê hy het ’n fout gemaak en dit in ’n asdrom gegooi, hy het nooit ’n tweede monster geneem nie”.

Volgens Maela is die bewysstukke wat die polisie ingesamel het nie behoorlik geseël voordat dit na die polisie se forensiese eenheid in Pretoria gestuur is nie.

Tanya Wiers (44) het dié foto van haarself geneem enkele ure voordat sy vermoor is. Foto: VERSKAF

Regter Gerrit Muller het Maela gevra of hy sy vingerafdruk op ’n polisievorm herken.

“Ek kan nie sê of dit my vingerafdruk is nie.”

Maela het erken dat die tekkies wat by die hof as ’n bewysstuk ingedien is wel aan hom behoort.

Verskeie polisielede het getuig die patroon op die tekkiesool was dieselfde as ’n spoor wat in die Wiers-erf gekry is.

Maela ontken dat hy ooit in die Wiers-erf was. Hy het ook nie ’n vrou se gille op die moorddag gehoor nie, soos wat Agnes Masha, De Marre se huiswerker, getuig het. Maela het gesê hy het oorfone opgehad en op sy werk gefokus.

Hy is dieselfde dag vir Wiers se moord in hegtenis geneem. ’n Plastieksak met ’n Samsung-selfoon en ’n Samsung-tablet is in die buitetoilet gekry waar Maela gewerk het.

Dit is deur Rolf Wiers, Tanya se man, uitgeken as hul eiendom. Van Tanya se juwele is ook in die buitetoilet gekry. Maela ontken dat hy dit gesteel het.

Frans Maela (28) staan tereg weens die moord op Tanya Wiers. Foto: VERSKAF

Maela is borgtog in die landdroshof in Polokwane geweier en is twee jaar en drie maande in aanhouding.

Die verhoor duur voort.

Meer oor:  Frans Maela  |  Tanya Wiers  |  Polokwane  |  Moordverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.