Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Wiers-moord: DNS op gebreekte skêr en meslem

Die ma van Polokwane wat in 2017 wreedaardig in die gesin se huis vermoor is, se DNS is op ’n gebreekte skêrlem én die lem van ’n steakmes gekry.

Tanya Wiers (44) van Polokwane het die foto van haarself geneem enkele ure voordat sy in 2017 wreedaardig vermoor is.

Tanya Wiers (44) het meer as 20 diep steekwonde in haar gesig, nek en aan haar hande opgedoen toe sy op 7 Februarie 2017 vermoor is.

Kapt. Regina Cecilia Janse van Rensburg, ’n senior forensiese analis van die polisie se forensiese laboratorium in Pretoria, het Maandagmiddag namens die staat getuig daar is ook van Wiers se DNS op die handvatsel van die skêr en die meshandvatsel gekry.

Dit dui daarop dat Wiers met ’n skêr en ’n mes gesteek is.

Frans Maela (28) ontken skuld op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en verkragting. Hy is dieselfde dag as die moord in hegtenis geneem waar hy as tuinier by die Wiers-gesin se bure gewerk het.

Frans Maela (28) staan tereg vir die moord op Wiers.

Janse van Rensburg het getuig dat DNS wat die polisie uit Maela se wang gekry het, ooreenstem met die DNS wat in ’n vaginale smeer van Wiers gekry is.

William Kovani, Maela se prokureur wat deur Regshulp Suid-Afrika aangestel is, het aan die hof gesê dit is onwaar en dat sy kliënt meen dié getuienis is “gefabriseer.”

Janse van Rensburg het getuig dat Wiers se DNS ook gekry is op ’n monster van die vloermat in die kamer waar haar lyk gekry is.

Die bloedspatsels teen die kamermuur en op ’n houttafel bevat ook DNS van Wiers.

Rolf Wiers jr. (18) was 16 jaar oud toe hy op die moorddag op sy ma se halfnaak bebloede lyk in sy jonger suster (14) se slaapkamer afgekom het.

Janse van Rensburg het getuig daar is ook van Wiers se DNS gekry in bloedsmeersels aan die wasbak in die huis se hoofslaapkamer sowel as aan ’n elektriese koord en ’n haarkrultang wat naby haar lyk gekry is.

Dr. Malekgopo Matlala, die patoloog wat die lykskouing op Wiers gedoen het, sal haar getuienis Dinsdag voortsit.

Meer oor:  Tanya Wiers  |  Polokwane  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.