Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Wiers-moordsaak tot Woensdag uitgestel
Frans Maela (28), wat tereg staan weens die moord op Tanya Wiers van Polokwane. Foto: VERSKAF
Tanya Wiers (44), wat in Februarie 2017 in Polokwane vermoor is. Foto: VERSKAF

Die verhoor van die vermeende moordenaar van Tanya Wiers (44), wat verlede jaar in haar huis in Eduanpark, Polokwane, met ’n skêr en steakmes doodgesteek is, sal eers Woensdag begin.

Die verhoor sou Maandag in die hooggeregshof in Polokwane begin, maar die staat het om uitstel gevra omdat hulle wag op die uitslae van forensiese toetse wat op skoensole gedoen is.

Rolf Wiers, Tanya se man, sê hy is teleurgesteld dat die verhoor uitgestel is, want hy en sy seun, Rolf jr. (17), het hulself voorberei dat die verhoor Maandag sou begin.

Hulle sal albei vir die staat as getuies geroep word.

Rolf. jr. het op 7 Februarie 2017 op sy ma se halfnaakte en bebloede lyk in sy jonger suster se kamer afgekom toe hy van die skool af gekom het.

Tanya is meer as 21 keer, eers met ’n skêr en toe met ’n steakmes, gesteek. Haar oë is uitgekerf. Dit is nog nie duidelik of sy verkrag is nie.

Frans Maela (28), tuinwerker van die Wiers se bure, is weens die moord in hegtenis geneem. Van die gesteelde juwele is glo by hom gekry.

Die Wiers se eie tuinier, Alfred Hlongwane (45), is ook in hegtenis geneem, maar die staat het einde verlede jaar die saak teen hom teruggetrek weens te min bewyse.

Rolf sê hulle wil graag weet wat presies gebeur het op die dag toe Tanya vermoor is, maar die verhoor sal “ook weer wonde en seer gaan oopkrap”.

Meer oor:  Tanya Wiers  |  Polokwane  |  Uitstel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.