Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Wiers se moordsaak sloer steeds

Die tuinier van Polokwane wat aangekla is van die moord op Tanya Wiers (44), ’n ma van drie kinders, se regsverteenwoordiger het hom teen Maandagoggend nog nie gekonsulteer nie.

Die verhoor van Frans Maela (28) moet Maandag begin. Die saak is in Februarie reeds uitgestel omdat die polisie nog gewag het op die uitslag van forensiese bewyse.

Frans Maela (28) staan tereg weens die moord op Tanya Wiers van Polokwane, Limpopo.
Tanya Wiers (44) is in Februarie 2017 in Polokwane vermoor.

Regter Gerrit Muller het aan Maela se prokureur, van Regshulp SA, gesê hy het tot 14:00 tyd om sy kliënt te konsulteer, want die verhoor gaan beslis Maandag voort.

Wiers is op 7 Februarie 2017 helder oordag in die gesin se huis in Eduanpark, Polokwane, oorval toe sy by die huis aangekom het nadat sy inkopies gaan doen het.

Sy is minstens 21 keer, eers met ’n skêr en toe met ’n steakmes, gesteek. Haar oë is uitgekerf.

Maela het by die Wiers-gesin se bure as tuinier gewerk.

Van die juweliersware en ’n tabletrekenaar wat uit die huis gesteel is, is dieselfde dag by Maela gekry. Hy is dieselfde dag vir Wiers se moord in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.

Hy het Maandagoggend ’n wit styfpassende T-hemp en denim aangehad. ’n Sonbril was in sy hemp se kraag ingedruk toe hy in voetboeie na die hofselle begelei is.

Rolf, Wiers se man, was Maandagoggend saam met sy twee oudste kinders, Bianca en Rolf jr., in die hooggeregshof in Polokwane.

Hulle is gefrustreerd dat die verhoor nog nie begin het nie.

Die seun het op sy ma se halfnaakte en bebloede lyk afgekom toe hy die betrokke dag van die skool af gekom het. Wiers is in die kombuis van die ruim huis aangeval. Bloedmerke teen die mure het gewys hoe sy van haar moordenaar probeer vlug het.

Sy is in haar jongste dogter se kamer vermoor. ’n Duvet is oor haar lyk gegooi.

Meer oor:  Tanya Wiers  |  Polokwane  |  Moordsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.