Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Winnie Rust: 'Ek is gedwing om daar te wees'

Nigel Plaatjies se oom het hom gedwing om in die huis te wees toe Winnie Rust vermoor is, het hy Vrydag in die Wellingtonse landdroshof getuig.

Hy is gedreig dat sy gesin doodgemaak sal word as hy nie help nie.

Hy het oor die meriete van die saak getuig in ’n aansoek om borgtog. Plaatjies se oom Johannes Plaatjies, is sy medebeskuldigde in die moordsaak.

Die twee mans word daarvan aangekla dat hulle Rust (77) op 11 Mei in haar huis op Wellington vermoor het.

Sy het hom gereeld geldelik ondersteun en hy het dikwels vir haar gaan kuier.

Nigel is gereeld daaraan herinner dat hy nie getuienis hoef te lewer wat homself inkrimineer nie, maar hy het steeds voortgegaan.

Hy het ’n afspraak met Rust gehad om haar by haar huis te ontmoet waar sy met hom wou praat oor sy rybewys waarvoor sy sou betaal het, het die hof gehoor.

Sy het hom gereeld geldelik ondersteun en hy het dikwels vir haar gaan kuier.

Op die dag van haar moord is hy voor haar huis deur ’n onbekende man met ’n vuurwapen genader en na die huis geneem, het Plaatjies gesê.

In die huis het hy sy oom Johannes herken as een van drie gewapende mans in die huis. Hy het gesê hy is gedwing om met hulle saam te werk, anders sou hy en sy gesin sou vermoor word.

Nigel het gesê Rust se man het deur die hele voorval in sy bed op die tweede verdieping geslaap. Hy dra ’n gehoorapparaat.

Nigel Plaatjies tydens ’n vorige hofverskyning.Foto: VERSKAF

Nadat Rust vermoor is, is Nigel glo in ’n taxi wat by die huis gestaan het ingedwing waarna van haar ringe verkoop is en verskeie items met haar bankkaarte gekoop is.

Later is hy by sy huis afgelaai en gewaarsku om niemand van die voorval te vertel nie, het Plaatjies getuig.

Die landdros het beklemtoon dat hierdie getuienis “hoogs inkriminerend” teen sy oom is, maar Plaatjies het voortgegaan.

Volgens Plaatjies het sy oom briewe aan hom uit die tronk gestuur het met die opdrag dat sy oom uit die saak verwyder moet word, hy sou dan Nigel se borgtog betaal.

Plaatjies beweer hy is deur bendelede in die tronk aangerand en is daarom tans in enkelaanhouding.

Plaatjies se regsverteenwoordiger het gesê sy gaan eers nie vir Nigel kruisondervra nie tot sy die getuienis en dokumentasie bestudeer het en instruksies van haar kliënt het.

Die borgtogaansoek is tot 14 November uitgestel.

Meer oor:  Winnie Rust  |  Nigel Plaatjies  |  Wellington  |  Moord  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.