Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
WP-atletiekbaas kry R5 000 se borgtog
Allen Barnes
Allen Barnes verlaat die landdroshof in Kaapstad nadat hy op borgtog van R5 000 vrygelaat is. Foto: Jaco Marais

Borgtog van R5 000 is Maandag in die landdroshof in Kaapstad toegestaan aan Allen Barnes, finansiële beampte van die Westelike Provinsie-atletiekvereniging, wat in hegtenis geneem is op bedrogklagte nadat hy eers verdwyn het.

As deel van sy borgtogvoorwaardes moet hy in die volgende week ’n wagwoord van ’n skootrekenaar aan die polisie gee. Die besonderhede van die rekenaar en wie s’n dit is, is nie in die hof bekend gemaak nie.

Barnes het om 15:00 op ’n aanklag van bedrog in die hof verskyn nadat daar vroeër vertragings was. Sy prokureur, John Riley, het aan die hof gesê hulle het die oggend lank probeer om die kwessie op te los.

Volgens die staat beloop die bedrog sowat R250 000, maar dit kan meer wees.

Barnes is op Vrydag 10 Januarie in Gauteng in hegtenis geneem en het reeds verlede week hier in die hof verskyn.

Barnes moes op 4 Januarie by ’n padwedloop van die Stragglers-atletiekklub by die Strandfontein Pavilion wees. Hy was die hooforganiseerder. Toe hy nie opdaag nie, is hy by die Bothasig-polisiekantoor in Kaapstad as vermis aangemeld.

Ander borgtogvoorwaardes sluit in dat hy sy paspoort moet indien en ook dat hy nie die Wes-Kaap sonder die toestemming van die ondersoekbeampte mag verlaat nie.

Die saak is tot 30 April uitgestel.

Meer oor:  Allen Barnes  |  Kaapstad  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.