Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Xulu se Porsche: Hlophe moet nou sê oor pad vorentoe

In ’n poging om tronkstraf te systap, het die prokureur Barnabas Xulu een van sy kliënte genader om hulp.

Barnabas Xulu Foto: Argief

Dié kliënt is niemand minder nie as regter John Hlophe, regterpresident van die Wes-Kaap en ’n man wat sy eie regsprobleme het.

Xulu het vroeër vandeesmaand by Hlophe aansoek gedoen om verlof tot appèl voor ’n volbank regters in die hooggeregshof in Kaapstad teen ’n uitspraak van waarnemende regter Mas-Udah Pangarker.

Sy het op 4 Mei bevind Xulu het drie hofbevele geminag en gelas dat hy teen 7 Mei sy Porsche 911 Carrera aan die balju moet oorhandig en ook ’n boete van R30 000 moet betaal. As hy versuim om dit te doen, sal hy in hegtenis geneem word en 30 dae in die tronk deurbring.

Xulu het dadelik aangedui dat hy om verlof tot appèl aansoek gaan doen, wat hy op 8 Junie gedoen het.

Hlophe, wat self deur vervolging in die gesig gestaar word omdat hy glo twee regters van die konstitusionele hof probeer beïnvloed het om ten gunste van die destydse ANC-president Jacob Zuma te bevind, moet nou besluit of Xulu na ’n volbank mag appelleer.

In sy aansoek sê Xulu Pangarker het gefouteer deur te bevind hy het drie vorige hofbevele geminag. Pangarker se uitspraak spring die afhandeling van sy appèl na die appèlhof in Bloemfontein teen dié drie hofbevele voor. Hy voer aan Pangarker kon nie ’n bevel teen hom gemaak het terwyl daar nog ’n appèlproses hangend is nie.

Daarby moet haar bevel teen op hom opgeskort word terwyl die appèlaansoek teen haar uitspraak voor ’n volbank regters aangehoor en afgehandel word.

Al die stappe spruit uit ’n aansoek van die departement van landbou, bosbou en visserye teen Xulu dat hy en sy regsfirma net meer as R20 miljoen aan die departement moet terugbetaal nadat die departement dit aan hom betaal het vir “regskoste” terwyl die departement geregtig was op gratis regsverteenwoordiging van die staat.

Regter Owen Rodgers het reeds in 2019 ten gunste van die departement beslis, waarna verskeie hofbevele gemaak is dat hy die geld moet betaal.

Meer oor:  John Hlophe  |  Barnabas Xulu  |  Boete  |  Tronkstraf  |  Balju
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.