Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Zama-zamas word vir ’n jaar ondermyn

Vier onwettige mynwerkers is in die landdroshof in Port Nolloth in die Noord-Kaap tot ’n jaar agter tralies of ’n boete van R6 000 gevonnis.

Die vier onwettige mynwerkers, Ayanda Booi (29), Fikile Sixeshe (37), Monwabisi Vincent Ntsham (46) en Kwenza Ndlovu (40), is op 24 April by die De Beers-myn in Kleinzee gearresteer.

Daar is ook op mynbougereedskap in hul besit beslag gelê.

Hulle is op 26 April onder streng borgvoorwaardes vrygelaat en is Dinsdag op aanklagte van onwettige betreding en onwettige mynbou skuldig bevind.

Benewens die boete en tronkstraf het hulle ’n opgeskorte vonnis van ses maande gevangenisstraf of ’n boete van R2 000 ontvang.

Dié vonnis is vir vyf jaar opgeskort, op voorwaarde dat hulle hulself nie tydens hierdie tydperk aan enige soortgelyke misdade skuldig maak nie.

Die Valke in die Noord-Kaap het die vonnisoplegging verwelkom.

Meer oor:  De Beers  |  Noord-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.