Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Zephany en ander stry oor identiteit van jonges

Uitspraak in ’n rigtinggewende appèl oor die bekendmaking van die identiteit van minderjariges wat by strafsake betrokke raak, is in die appèlhof in Bloemfontein voorbehou.

Die vier organisasies Sentrum vir Kinderreg, Childline, Nimro en Media Monitoring Africa, asook Zephany Nurse vra dat slagoffers, getuies en aangeklaagdes in strafsake se identiteit vir ewig ’n geheim moet bly en nooit deur die media of op ander maniere gepubliseer moet word nie.

In Februarie 2015 is Zephany (toe 17 jaar oud) ontdek wat as baba uit die Groote Schuur-hospitaal ontvoer is. Die tussentydse interdik wat vroeër verleen is om Zephany Nurse (dit is nie haar regte naam nie) se identiteit te beskerm, bly geldig hangende die uitspraak van die appèl.

Dit is onrealisties en kan meebring dat talle berigte sonder kindername, of selfs volwassenes se name, moet verskyn.

Media24, Times Media en Independent Newspapers glo egter die huidige wetgewing bied genoeg beskerming aan minderjariges.

Adv. Wim Trengrove SC het namens die mediagroepe betoog dat as dié vier organisasies hul sin kry, dit tot absurditeite kan lei dat die slagoffer van ’n moord se naam nie eens in ’n kerkpublikasie bekend gemaak mag word nie.

Adv. Steven Budlender het namens die vier organisasies in sy betoog gevra dat die hof art. 154(3) van die Strafproseswet ongrondwetlik verklaar en na die konstitusionele hof vir bekragtiging verwys. Dan sal dit na die parlement verwys word om ná al die nodige prosesse en insette gewysig te word.

Hy het gesê dié artikel bied nie genoeg beskerming aan minderjariges nie. Dit voldoen nie aan die vereistes van die Grondwet nie.

Wanneer ’n minderjarige 18 jaar oud word, verval die beskerming wat hy/sy ingevolge dié artikel het. Op die oomblik is al beskerming wat so ’n persoon kan kry om ’n hofbevel aan te vra.

Dit moet andersom werk. Die identiteit moet beskerm bly en die media kan dan ’n hofaansoek bring indien hy die identiteit van so ’n persoon wil publiseer, het Budlender betoog.

Trengrove het betoog indien dit so sou wees, sou dit vir die media selfs nodig gewees het om die hof se toestemming te kry voordat ’n geskiedkundige foto soos dié van die oorlede Hector Peterson, slagoffer van die jeugopstande van 1976, te publiseer.

Dit is onrealisties en kan meebring dat talle berigte sonder kindername, of selfs volwassenes se name, moet verskyn.

Die appèl spruit uit ’n uitspraak in die hooggeregshof in Pretoria.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.