SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Hof
Zille loop bloutjie in hof oor OB se twiet-verslag
Helen ZilleFoto: Sarel van der Walt

Helen Zille, nuwe federale voorsitter van die DA, het in die hooggeregshof in Pretoria ’n bloutjie geloop oor adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), se bevindings oor haar omstrede twiets oor kolonialisme.

Waarnemende regter Malebo Habedi het die voormalige Wes-Kaapse premier se aansoek dat die verslag op hersiening geneem en tersyde gestel moet word, met koste van die hand gewys, sê die OB in ’n verklaring.

Mkhwebane het in Junie 2018 in ’n ondersoek bevind Zille het met haar twiets oor kolonialisme, wat wyd veroordeel is, die Grondwet en die etiese kode vir lede van die uitvoerende gesag oortree.

Sy het volgens die OB ook rasverdeeldheid gesaai.

Mkhwebane het dit ondersoek nadat Khaya Magaxa, ’n ANC-lid van die Wes-Kaapse wetgewer, ’n klag daaroor ingedien het.

Habedi het luidens die OB se verklaring Dinsdag gelas Zille moet die koste tot en met haar uittrede as Wes-Kaapse premier betaal.

Mkhwebane het die Wes-Kaapse wetgewer opdrag gegee om binne 30 dae “gepaste stappe” teen Zille te doen.

Zille het in 2017 in haar twiets gesê diegene wat glo die nalatenskap van kolonialisme is net negatief, moet dink aan “die onafhanklike regbank, vervoerinfrastruktuur, water, ensovoorts”.

Sy het later onvoorwaardelik om verskoning gevra.

Habedi het luidens die OB se verklaring Dinsdag gelas Zille moet die koste tot en met haar uittrede as Wes-Kaapse premier betaal.

Die regter het bevind Zille het nie daarin geslaag om voldoende bewys te lewer dat die OB se uitspraak op hersiening geneem moet word nie.

Mkhwebane het die uitspraak verwelkom.

“Ek doen opnuut ’n beroep op lede van die uitvoerende gesag, nasionaal en provinsiaal, om seker te maak wat die etiese kode vir hulle presies behels,” sê sy in die verklaring.

Sy wys daarop dat dit die derde keer is dat sy haar bevindinge in ’n saak suksesvol in die howe verdedig.

Geen melding word egter in die verklaring gemaak van die baie kere wat Mkhwebane bloedneus in die hof gekry het nie.

Solly Malatsi, woordvoerder van die DA, het by navraag gesê dit was binne Zille se reg om die bevindinge in die OB se verslag in die hof uit te daag.

Zille sal nou moet besluit of sy enige verdere stappe oor die kwessie wil doen, sê Malatsi.

* Die hersieningspaneel wat deur Mmusi Maimane, die vorige DA-leier, aangestel is om ondersoek in te stel na die redes vir die DA se swak vertoning in vanjaar se algemene verkiesing, het bevind Zille se twiets oor kolonialisme en die DA se hantering daarvan is van die voorvalle wat die DA se naam en aansien onder kiesers skade berokken het.

Meer oor:  Helen Zille  |  Ob  |  Hofsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.