Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Zondo-kommissie kry nóg 13 maande

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping kry nog ’n bykomende 13 maande om sy werk af te handel, het regter Wendy Hughes Maandag in die hooggeregshof in Pretoria beslis.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo het vroeg in Februarie in ’n dringende hofaansoek om nog tien maande uitstel gevra.

Huges het sy aansoek met ’n finale bykomende 13 maande toegestaan. Dit beteken dat die kommissie sy ondersoek teen Maart volgende jaar moet afhandel.

Oudpres. Jacob Zuma het die Zondo-kommissie vroeg in 2018 aangekondig. Dit het gekom ná die uitreiking van die “staatskapingsverslag” deur adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer (OB), in Oktober 2016.

Hierna is besluit dat die kommissie sy ondersoek binne 180 dae moet afhandel.

Die sperdatum is egter nie gehaal nie en hofbevele is bekom om dit eers tot 2 Oktober 2018, en daarna tot 29 Februarie vanjaar te verleng.

Zondo het in sy aansoek gesê hy het einde 2019 besef dat daar nog “groot volumes werk, verklarings en getuienis” is wat eers afgehandel moet word.

Meer oor:  Zondo-Kommissie  |  Raymond Zondo  |  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.