Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Zulu kry wéér slae oor verspreiding van kos

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het weer in die hof slae gekry oor haar departement se regulasies vir voedselverspreiding.

Die hooggeregshof in Kaapstad het ’n interdik aan die DA toegestaan dat die regulasies nie in werking gestel mag word nie.

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling.

Die hof het ook gelas sy moet die DA drie dae kennis gee indien sy nuwe regulasies wil instel. Regter Owen Rogers het ook gelas Zulu moet die DA se regskoste betaal.

Dit is die tweede keer dat die DA haar suksesvol hof toe sleep oor regulasies vir die verspreiding van voedsel aan behoeftige mense tydens die Covid-19-pandemie.

’n Maand gelede het die hof beslis die regering kan nie die verspreiding van kos tydens die pandemie keer nie.

Die regulasies wat Dinsdag deur die hof gestop is, is verlede Donderdag gepubliseer.

Die DA se beswaar was dat nieregeringsorganisasies en welsynsorganisasies wat by voedselhulp betrokke is aan ’n ingewikkelde stel reëls moet voldoen om onder meer sopkombuise te bedryf of voedselpakkies te versprei.

James Lorimer, DA-woordvoerder, sê in ’n verklaring Zulu het die verspreiding van kos met die jongste regulasies probeer sentraliseer. Die gevolg sou wees dat die nodige voedsel moontlik nie by baie mense sou uitkom nie.

“Sy kan dalk glo haar departement (maatskaplike ontwikkeling) is ’n superdoeltreffende organisasie met baie kapasiteit om ’n proses te begin om die verspreiding van kos te beheer. Dit sal nie sommer gebeur nie, want haar departement sukkel reeds om sy kernfunksies uit te voer,” sê Lorimer.

Meer oor:  Lindiwe Zulu  |  Kaapstad  |  Armes  |  Inperkingsregulasies  |  Kospakkies  |  Armoede  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.