Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Zuma moet hofgeld van R16 m. terugbetaal

Oudpres. Jacob Zuma moet die meer as R16 miljoen wat die regering tot dusver vir sy verdediging in die korrupsieverwante hofsaak betaal het, terugbetaal.

Zuma het Dinsdag dié jongste bloutjie geloop toe die appèlhof in Bloemfontein sy aansoek om verlof tot appèl teen die uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria met koste van die hand gewys het.

Zuma het geappelleer nadat die hooggeregshof vroeër beslis het dat hy die geld moet terugbetaal wat die regering op sy persoonlike regskostes in die sogenaamde wapenskandaal-korrupsiesaak betaal het.

Intussen het John Steenhuisen, DA-leier, Dinsdagmiddag die jongste hofuitspraak teen Zuma verwelkom.

“Dit was mnr. Zuma se persoonlike regstryd en hy het geen reg gehad om dit met belastingbetalers se geld te finansier nie.

“Mnr. Zuma se ampstermyn was rampspoedig vir Suid-Afrika, sy ekonomie en ons swaar verkreë demokrasie. Ons steier steeds onder die gevolge van staatskaping en die wegkalwing van staatsinstellings wat daarmee gepaardgegaan het. Dit is nie net ’n oorwinning vir die DA nie, maar vir alle Suid-Afrikaners, ons Grondwet en die oppergesag van die reg,” het Steenhuisen gesê.

• Hou Netwerk24 dop vir meer hieroor.

Meer oor:  Jacob Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.