SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Hof
Zuma moet opdok vir regskoste, sê hof

Oudpres. Jacob Zuma moet self opdok vir sy regskoste wat verband hou met sy aansoek vir die hersiening van die staatskapingsverslag.

Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen ’n uitspraak dat hy self die regskoste moet betaal vir die hersiening van Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, se regstellende stappe vir die instelling van ’n ondersoek na staatskaping, is van die hand gewys.

’n Volbank regters van die hooggeregshof in Pretoria het dit Vrydag beslis.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, het ook bevestig dat dit die geval is.

Die DA en ander opposisiepartye was rolspelers in die saak.

Dit kom nadat Zuma in Desember 2017 sy prokureurs opdrag gegee het om aansoek te doen om te appelleer teen die beslissing wat hom beveel het om ’n kommissie van ondersoek na staatskaping saam te stel.

Zuma het spesifiek geappelleer daarteen dat hy in sy persoonlike hoedanigheid vir die regskoste verantwoordelik gehou word.

Dit is ’n ontwikkelende storie. Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Regskostes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.