Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Zuma se appèlaansoek oor twiet dié week in hof
Derek Hanekom. Foto: Lucky Morajane

Oudpres. Jacob Zuma se stryd in die howe – spesifiek oor sy twiet waarin hy Derek Hanekom, oudminister van toerisme, ’n “agent van die vyand” genoem het – duur vandeesweek voort.

Hanekom het Sondag berigte bevestig dat Zuma se aansoek om verlof tot appèl in dié saak eerskomende Dinsdag aangehoor word.

Dit kom nadat die hooggeregshof in Durban in September gelas het dat Zuma ’n verskoning op Twitter moet publiseer én dié twiet op alle mediaplatforms moet uitwis.

Hanekom het Zuma ook vir R500 000 gedagvaar.

Dit was nadat Zuma op 25 Julie getwiet het: “Ek is nie verbaas deur @Julius_S_Malema se onthullings oor @Derek_Hanekom nie. Dit is deel van die plan waarna ek verwys het by die Zondo-kommissie. @Derek_Hanekom is welbekend as ’n agent van die vyand.”

Die hof het gelas dat Zuma die twiet binne 24 uur van alle mediaplatforms moet verwyder. Hy moes ook binne 24 uur ’n verskoning op sy Twitter-rekening @PresJGZuma publiseer.

Zuma het die twiet gepubliseer nadat dit aan die lig gekom het dat Hanekom met die EFF-leierskap vergader het om ’n mosie van wantroue in Zuma as president van die land te bespreek.

Vroeër is berig dat Zuma hofstukke om verlof tot appèl teen dié bevinding ingedien het.

Hanekom het Sondag by navraag gesê: “Ja, ek het kennis geneem daarvan dat hy (Zuma) gekies het om nie die twiet te verwyder nie – wat maklik sou wees om te doen – maar die feit is dat daar ’n aansoek is om verlof tot appèl. Neem asseblief kennis dat ek nie ’n prokureur is nie.”

Zuma se regsverteenwoordiger kon nie dadelik Sondag opgespoor word nie.

Meer oor:  Derek Hanekom  |  Jacob Zuma  |  Twiet  |  Appèlaansoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.