Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Zuma se ‘siekbrief’ is vol gate

Oudpres. Jacob Zuma se “siekbrief” sê nie wat fout is met hom nie; die datum daarop is oënskynlik uitgekrap en verander, die brief word beskryf as ’n “farmaseutiese afskrif” én dit is onduidelik of die persoon wat dit onderteken het wel ’n dokter is.

Oudpres. Jacob Zuma toe hy in Mei verlede jaar in die hooggeregshof in Pietermaritzburg verskyn het.Foto: Felix Dlangamandla

Regter Dhaya Pillay, wat Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg op versoek van die staat ’n lasbrief uitgereik het vir Zuma se inhegtenisneming, het gesê Zuma kan nie verwag dat die hof hom anders as enige ander mens moet behandel nie en die vraag is of sy afwesigheid verskoonbaar is. Sy het gesê dit is kommerwekkend dat Zuma nie by die hof is nie.

Pillay het gesê volgens adv. Dan Mantsha, Zuma se regsverteenwoordiger, word Zuma in die buiteland behandel. In ’n poging sy behandeling te staaf, het sy regspan ’n dokument by die hof ingedien wat “medies vertroulik” en ’n “farmaseutiese afskrif” is; daar is ’n afkorting “HCP” daarop wat sy regspan nie kan verduidelik nie; daar word genoem dit is ’n “leke-prognose” en die datum op die dokument is verander sonder dat dit geparafeer is.

Die korrupsiesaak teen Zuma is tot 6 Mei uitgestel en die lasbrief staan oor tot dan. Dit sal uitgevoer word as Zuma weer nie by die hof opdaag nie.

Mantsha het gesê Zuma is ’n pasiënt van die staat omdat hy ’n oudpresident is. Hy is by 1 Militêre Hospitaal in Pretoria behandel alvorens hy in Januarie vir die tweede keer na die buiteland is vir mediese behandeling.

Adv. Billy Downer, staatsaanklaer, het gesê ’n mens weet nie of Zuma siek is nie.

“Die feit is, hy is nie by die hof nie. Sy verdediging sê Zuma is hier in die land behandel en geopereer. Daar moet mediese inligting hieroor beskikbaar wees,” het Downer gesê.

Mantsha het gesê hy “weet nie of hy reg gehoor het” dat ’n mediese sertifikaat met ’n oorspronklike stempel daarop van 1 Militêre Hospitaal nie aanvaarbaar is nie.

Volgens hom is die gesondheid van ’n oudpresident ’n saak van nasionale sekerheid. Die dokter wat die sertifikaat onderteken het, is ’n militêre dokter.

Mantsha het bygevoeg Zuma is nou weer in die buiteland vir behandeling. Dit “is algemene kennis dat Zuma in Oktober vir ’n week in die hospitaal was en nie die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping kon bywoon nie”.

In laat November het sy mediese span besluit om hom uit die land te neem vir behandeling. Zuma het in Desember teruggekom na Suid-Afrika met die doel om weer terug te keer na die plek waar hy oorsee behandel word.

Mense kan dit nie verhelp om siek te raak nie. Hy is ’n bejaarde man van byna 80 jaar oud.

Zuma het op 7 en 9 Januarie twee operasies ondergaan en hy kon nie soos vroeër die plan was toe buiteland toe gaan vir sy behandeling nie. Hy is wel later dié maand weer na die buiteland, het Mantsha gesê.

Volgens hom moet die hof redelik wees en Zuma regverdig behandel. Zuma is nie skuldig aan enigiets nie.

“Mense kan dit nie verhelp om siek te raak nie. Hy is ’n bejaarde man van byna 80 jaar oud.

“Ons weet dat ons oupas en oumas van daardie ouderdom siek raak,” het Mantsha gesê.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Siektebrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.