Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Zuma se twiet oor Hanekom nog nie verwyder

Vyf dae nadat die hof gelas het dat oudpres. Jacob Zuma die twiet van sosiale media moet verwyder waarin hy Derek Hanekom, oudminister van toerisme, ’n “vyandige agent” genoem het, was dit steeds daar.

Oudpres. Jacob ZumaFoto: ELIZABETH SEJAKE

Die hooggeregshof in Durban het verlede Vrydag gelas dat Zuma ’n verskoning op Twitter moet publiseer én die twiet op alle mediaplatforms moet uitwis.

Oudmin. Derek Hanekom

Hanekom, ’n senior ANC-lid, het ’n lastereis van R500 000 teen Zuma gebring.

Dit was nadat Zuma op 25 Julie vanjaar ’n inskrywing op Twitter geplaas het wat lui: “Ek is nie verbaas deur @Julius_S_Malema se onthullings oor @Derek_Hanekom nie. Dit is deel van die plan waarna ek verwys het by die Zondo-kommissie. @Derek_Hanekom is ’n bekende vyandige agent.”

Die hof het gelas dat Zuma die twiet binne 24 uur van alle mediaplatforms uitvee – ook van Twitter. Hy moet ook binne 24 uur ’n verskoning op sy Twitter-rekening, @PresJGZuma, publiseer.

Zuma se twiet, wat Woensdag steeds op Twitter was, het gekom nadat dit aan die lig gekom het dat Hanekom met die EFF-leierskap vergader het om vroeër ’n mosie van wantroue in Zuma, toe nog president, te bespreek.

Business Day het Maandag berig dat Zuma hofstukke by die hof ingedien het om verlof tot appèl teen dié bevinding.

Hanekom het by navraag laat weet dat sy prokureur dokumente in dié verband van Zuma ontvang het en dat die onderskeie prokureurs daaraan werk om ’n datum te vind vir die aansoek wat albei partye pas.

Dr. Llewelyn Curlewis, regskenner verbonde aan die Universiteit van Pretoria, het Woensdag by navraag gesê as verlof om appèl toegestaan word, is die normale toedrag van sake dat dit die werking van die hofbevel opskort tot die aansoek afgehandel is.

Die aansoek kan na een van twee kante gaan – die hof kan verlof tot appèl toestaan of die hof kan die aansoek vir verlof tot appèl van die hand wys in welke geval Zuma aan die hofbevel moet voldoen.

Zuma se woordvoerder het nie Woensdag op herhaaldelike telefoonoproepe of ’n SMS gereageer nie.

Meer oor:  Hofbevel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.