Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Zuma, Thales gaan hof vra om vervolging te staak
Oudpres. Jacob Zuma buite die hooggeregshof in Pietermaritzburg in November verlede jaar. Foto: Ian Carbutt

Oudpres. Jacob Zuma en Thales South Africa, ’n filiaal van die Franse wapenvervaardiger Thales, gaan Maandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aansoeke indien dat hul vervolging op aanklagte van onder meer korrupsie en bedrog permanent gestaak word.

Thales het Sondag gesê hy gaan die geldigheid van die vervolging en die onbillike vertraging van die saak uitdaag.

Weens die lang vertraging van die saak “wat nie Thales se skuld is nie en weens faktore buite ons beheer, glo ons ons kan nie ’n regverdige verhoor ingevolge die Suid-Afrikaanse Grondwet en internasionale reg kry nie”.

Permanente staking van vervolging

Volgens hofdokumente, wat Netwerk24 onder oë gehad het, doen Zuma ook aansoek om die permanente staking van vervolging.

Die saak hou verband met die wapenskandaal van 1999 en die bewering dat Thales, vroeër bekend as Thomson CSF, ’n kontrak van miljarde rand gekry het om wapenstelsels aan die Suid-Afrikaanse vloot te verskaf. ’n Filiaal van die groep, Thint, is daarvan beskuldig dat hulle Zuma R500 000 per jaar, glo via die omstrede sakeman Schabir Shaik, betaal het om die maatskappy te beskerm in die ondersoek na beweerde ongerymdhede in wapenaankope.

Zuma se aansoek

In Zuma se aansoek word die hele geskiedenis van die vervolging uiteengesit, wat volgens die dokumente insluit ongerymdhede in die voorverhoor, partydige optrede vanuit die vervolgingsgeledere, openbare vooroordeel, buitensporige vertragings en politieke manipulasie en inmenging in die vervolgingsproses.

Natasha Kara, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê hulle kan nie kommentaar lewer nie. “Ons sal wag om te hoor wat die hof sê.”

Daar is ’n geskiedenis van politieke inmenging met hierdie saak en ons almal weet dit.
Carl Niehaus

Carl Niehaus, woordvoerder van die ANC se MK-veteranevereniging (MKMVA), het Sondag gesê hy sal Zuma bystaan wanneer hy in die hof verskyn.

“Daar is ’n geskiedenis van politieke inmenging met hierdie saak en ons almal weet dit. Die reg is nie in sy eie seepbel wat van die samelewing verwyder is nie. Dit dra by tot die toksiese omgewing. ’n Permanente staking van die vervolging sal gepas wees,” het Niehaus gesê.

Prof. Shadrack Gutto, politieke ontleder en kenner op die gebied van konstitusionele reg, beskryf Zuma se verweer as ’n swak geval van “slagofferskap”. Om te sê hy het dit in sy amptelike hoedanigheid gedoen, is ook ’n “swak argument”.

“Hy voer aan dat die saak ’n lang tyd neem om aangehoor te word, maar hyself het dit deurgaans ontduik en is verantwoorderlik vir die grootste deel van die vertragings,” het Gutto gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.