Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Zuma verseg om twiet te verwyder

Oudpres. Jacob Zuma het steeds nie die twiet waarin hy beweer oudminister Derek Hanekom is ’n “agent van die vyand” verwyder nie. Die hooggeregshof het hom al op 6 September beveel om dit binne 24 uur te verwyder omdat dit op die oog af vals en lasterlik is. Die twiet is al 3 300 keer gedeel.

Hanekom het by navraag gesê Zuma het onlangs aansoek gedoen om verlof tot appèl. Dié aansoek sal Dinsdag aangehoor word. Hanekom eis ook R500 000 se vergoeding van Zuma in ’n ander deel van die hofsaak wat later aangehoor word.

Zuma het die twiet gepubliseer nadat hy voor die staatskapingskommissie getuig het daar is ’n sameswering teen hom en dat plaaslike intelligensiedienste en dié van twee ander “groot lande” saam met vyande ’n veldtog van “karaktermoord” teen hom voer.

Zuma het onder meer getuig adv. Ngoako Ramatlhodi, voormalige minister van minerale bronne, is ’n “spioen” en dat Siphiwe Nyanda, oudminister van kommunikasie en voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, opdragte van die apartheidspolisie ontvang het. Ramatlhodi, sowel as Nyanda, het Zuma kort daarna uitgedaag om ’n leuenverklikkerstoets te ondergaan om dié beweringe te bewys.

Zuma se aansoek om teen Hanekom se hofbevel te appelleer is te midde van sy aansprake dat hy só arm is dat hy sy “sokkies moet verkoop” om sy regskoste te dek.

Meer oor:  Derek Hanekom  |  Jacob Zuma  |  Twitter  |  Laster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.