Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Zwelihle-betoger vry op borgtog

’n Man wat na bewering ’n polisielid tydens betogings in Zwelihle aangeval het, is Vrydag in die landdroshof in Hermanus op borgtog vrygelaat.

Polisielede sit op ’n koppie wat oor Zwelihle, Hermanus, uitkyk ten tyde van die betogings verlede maand wat dié kusdorp tot stilstand geruk het. Foto: Adrian de Kock

Niekeer Patroos, wat ook van openbare geweld aangekla is, het na bewering die polisielid die aand van 12 Julie aangeval.

Geweld het in die gebied uitgebreek ná ’n leier van die groep Zwelihle Renewal in hegtenis geneem is.

Patroos se werkgewer het hom by die polisie aangemeld nadat hy tussen betogers op die televisie opgemerk is.

Adv. Mafu Masina, namens Patroos, het Vrydag in die hof gesê dat ’n klag van roof teen sy kliënt teruggetrek is, omdat die werkgewer se bewyse teenstrydig was.

“Die senior staatsaanklaer het besluit dat hy (Patroos) niks verkeerd gedoen het wat die roofklag betref nie. Nou bly slegs die klag van openbare geweld oor.”

Patroos is op borgtog van R500 vrygelaat, op die voorwaarde dat hy onder huisarres bly en nie aan enige onwettige optrede deelneem nie.

Hy sal op 16 Augustus weer in die landdroshof verskyn.

Meer oor:  Hermanus  |  Zwelihle  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.