Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Krit-vermaak: Robert Hamblin stal uit
Identiteit vervaag in foto’s

Identiteit blur. Almal s’n.

Die fotograaf Robert Hamblin ondersoek dié tema met wat sommige as ’n ekstreme onderwerp sou klassifiseer: transgender sekswerkers.

Met die eerste aanskou van Hamblin se uitstalling ...When You Feeling Like a Lady is sy gebruik van doelbewuste blur opvallend.

Fotograwe gebruik blur as ’n tegniek om beweging in foto – uiteraard staties – vas te vang.

Hamblin het verduidelik dit was deel van die proses.

Die sekswerkers, anatomies manlik, werk as vroue. “Beweging en performance is ’n groot deel van hul bestaan,” het Hamblin gesê.

“Hulle wou ook nie stil lê toe ek hulle skiet nie!” het hy bygevoeg.

Gevra of die tegniek ook die verdoeseling tussen grense van manlikheid en vroulikheid simboliseer, het hy geantwoord: “Die basis is ’n blurring van identiteit. Dit gebeur nie net met hulle nie. Dinge raak net blurred.”

Hamblin het self ’n operasie vir ’n geslagsverandering ondergaan.

Hy wil nie juis daaroor praat nie, maar gee toe dat dit nie iets is waarvan hy kan weghardloop nie.

Tog meen hy nie dit bring hom nader aan die vroue wat hy afgeneem het nie.

Hy’t gesê hul lewens as swart of bruin sekswerkers wat op straat bly, is ver verwyderd van sy lewe as wit, Afrikaanse, middelklasman wat in die voorstede bly.

Hy’t deur sy werk saam met die drukgroep Sex Workers’ Education Advocacy Task Force (Sweat) in Kaapstad kontak gemaak met die vroue wat sy onderwerpe sou word.

Hy’t gevind baie van hulle begin hul gender op ’n baie jong ouderdom uitdruk.

“Dis baie moeilik vir hul communities om met hulle te deal,” verduidelik hy.

Dis baie moeilik vir hul communities om met hulle te deal
Robert Hamblin

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.