Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Joodse raad boos na ANC-lid oor Hitler op Facebook skryf
Die gewraakte inskrywing wat Rene Smit, wat na bewering as vrywilliger vir die ANC in die Wes-Kaap werk, op haar Facebokk-blad gemaak het. Foto: News24

STELLENBOSCH. – Die Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD) het vandeesweek ’n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien na ’n vrywilliger en lid van die ANC in Kaapstad ’n Facebook-inskrywing oor Hitler gemaak het.

Luidens ’n verklaring uitgereik deur die raad het Rene Smit Saterdag ’n foto van Adolf Hitler op haar Facebook-blad geplaas met die woorde: “Ja man, jy was reg . . . Ek kon al die Jode doodgemaak het, maar ek het ’n paar van hulle gelos sodat julle kan weet waarom ek hulle doodgemaak het.”

Smit, wat na bewering as vrywilliger vir die ANC in die Wes-Kaap werk, het glo “Bevry Palestina” by die foto geskryf.

Dit is intussen van haar Facebook-blad verwyder nadat dit selfs die publikasie The Times of Israel gehaal het.

Wendy Kahn, nasionale direkteur van die raad, het Woensdag aan Die Burger bevestig die SAJBD het die klag Dinsdagmiddag by die kommissie ingedien.

Mary Kluk, voorsitter van die SAJBD, het luidens die verklaring gesê sulke “haatlike diskoers” is onaanvaarbaar in Suid-Afrika.

Die Raad voer aan dat Smit ’n ernstige oortreding van die verbod op haatspraak – soos vervat in die Wet op Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie – gepleeg het deurdat sy die inskrywing op ’n openbare forum gemaak het. 

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.