Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kinderporno: Bewysstukke moet nou kom
Gregory Robinson Foto: Mary-Ann Palmer
Bert Viljoen Foto: Mary-Ann Palmer

Potchefstroom. – Videomateriaal en verklarings word nou ingewag in die saak van ­Gregory Robinson, ’n Potchefstroomse onderwyser wat saam met verskeie Suid-Afrikaners verbind word met ’n beweerde internasionale kinderpornografie-netwerk.

Hy het gister in die streekhof in die stad verskyn op aanklagte van die besit van kinderpornografie.

Robinson (46) verskyn weer op 13 Junie.

Hy het nog nie gepleit nie en sy borgtog is verleng. Talle bewysstukke is in Robinson se besit gevind, het die hof vroeër gehoor. Hy woon in Potchefstroom, maar het in Carletonville aan die verre Wes-Rand skoolgehou.

Bert Viljoen (54), voormalige hoof van Lichtenburg se regshulpsentrum, word ook by die netwerk betrek.

Hy verskyn weer môre in dié dorp se landdroshof.

Kol. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gister gesê die ondersoek na die beweerde netwerk duur voort.

Dit is oopgevlek deur ’n organisasie wat in Kanada gesetel is. 348 mense is verlede jaar in die buiteland in verband met kinderpornografie vasgetrek, onder wie sportafrigters, onderwysers en dokters.

Internetadresse van rekenaars waarop kinderpornografie in Suid-Afrika afgelaai is, is glo aan die plaaslike polisie verskaf en verskeie verdagtes is só hier geïdentifiseer.

Die Suid-Afrikaanse verdagtes is sedert Augustus verlede jaar in ’n landwye klopjag vasgetrek. Die polisie het op onder meer 672 DVD’s, 25 boeke, 39 eksterne hardeskywe, 22 geheuestokkies, 9 selfone, 8 skootrekenaars, 2 tablette en 2 kameras beslag gelê.

Die polisie moet vasstel of die Suid-Afrikaanse verdagtes ook kinderpornografie versprei en vervaardig het. Tot 50 mense in Suid-Afrika kon moontlik daarby betrokke wees.

Die netwerk het tentakels wat vermoedelik oor Mpumalanga, Gauteng en Potchefstroom heen strek. Die ander verdagtes is Charles Ashford (55), ’n lugverkeerbeampte van Pretoria, Andries Venter, ’n verkoopman van Roodepoort, Neil Malherbe, ’n voormalige skoolhoof in Witrivier, en Fred Human, afge­trede onderwyser van Bloemfontein.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.