Andruhette van Schalkwyk het haar handgemaakte produkte uitgestal.
DOUGLAS. – Die plaaslike tak van die Vrouelandbouvereniging van Kaapland (VLV) het onlangs ’n kruieoggend aangebied wat ongeveer 140 vroue bygewoon het. Anita van Heerden het op dié geleentheid haar kennis oor kruie met hulle gedeel het. Tussendeur die wafels, quiches en heerlike terte, kon hulle aan tee van kruisement en sitroengras proe. Verskeie uitstallers het handgemaakte artikels, klere, kombuisware en velsorgmiddels uitgestal terwyl gelukstrekkings gehou is.