Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kyk: Hoe gemaak met dooies se Facebook-blaaie?

Die digitale era bring vir die wat agterbly toenemend nuwe uitdagings mee wanneer ’n geliefde sterf.

Sonja Smith, eienaar van die Sonja Smith Begrafnisgroep van Centurion, sê mense moet die administrasie van hul sosiale blaaie dieselfde as die van hul boedel hanteer.

“’n Sosiale profiel kan vir jare nog in die kuberruim voortleef. Dit kan traumaties wees as Facebook mens herinner jy het lanklaas kontak gemaak met iemand wat oorlede is,” sê sy.

Facebook herinner mense ook aan vriende se verjaardae selfs wanneer die gebruiker oorlede is.

■ Facebook, selfs al is jy dood

Smith sê jy moet ’n “digitale eksekuteur” soos ’n vriend of vriendin vra om jou sosiale profiel ná jou dood te behartig.

Sy stel voor dat dit eerder ’n vriend of vriendin as ’n eggenoot moet wees vir ingeval ’n egpaar byvoorbeeld saam in ’n ongeluk sterf.

“Ons beveel mense ook aan om ’n lewenslêer te hou met al hul wagwoorde vir sosiale profiele soos Facebook, Twitter asook toegang tot hul e-pos.”

Sedert Februarie kan jy ook op Facebook iemand aanwys om ná jou afsterwe jou profiel te beheer. Voorheen is dit bloot in ’n gedenkblad omskep of gesluit sodat niemand toegang kon kry nie.

Kyk die video hieronder:

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.