Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kyk: Wiele, kabels afgeruk toe nuwe lokomotief, treinwaens ontspoor

Met dagbreek Woensdag het ondersoekspanne probeer vasstel hoe en waarom ’n Prasa-trein Dinsdagaand in die Noord-Kaap ontspoor het.

Die passasierstrein, wat deur een van Prasa se omstrede Afro4000-lokomotiewe getrek is, het omstreeks 23:50 naby Modderrivier in die Noord-Kaap ontspoor en van die passasiers is beseer.

​Lees ook: Nuwe Prasa-lokomotief, passasierstrein ontspoor in Noord-Kaap

Die pasiënte is op die toneel behandel voordat hulle na die Kimberley-hospitaal geneem is.

Die ongelukstoneel Woensdagoggend. Foto: Emile Hendricks
Passasiers naby die toneel van Dinsdagnag se ontsporing naby Modderrivier. Foto: Emile Hendricks
Van die passasiers in die Kimberley-hospitaal waarheen hulle vir behandeling geneem is. Foto: Emile Hendricks
Karen Turnbull van Lancashire in Engeland, saam met haar suster Susan Williams en Susan se man, David Williams, wat onder meer 'n kopbesering in die ongeluk opgedoen het. Foto: Emile Hendricks
Treinwiele wat in die ontsporing afgeruk is. Foto: ER24
Van die passasiers buite die Kimberley-hospitaal. Foto: Emile Hendricks
Dankbaar om ongeskonde te wees: Annie Pienaar en past. Bekkie Mans was passasiers op die trein wat ontspoor het. Foto: Emile Hendricks
Die nooddiens ER24 het hierdie foto op die ramptoneel geneem.
'n Afro4000-lokomotief lê Woensdagoggend op sy sy ná Dinsdagnag se ontsporing. Foto: Emile Hendricks
'n Deel van die ramptoneel ná Dinsdagnag se ontsporing naby Modderrivier. Foto: Emile Hendricks
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.