Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mans ‘moet dié saamtrek liewer vermy’
Gretha Wiid.

Mans word aangeraai om dié konferensie eerder mis te loop sodat die vroulike deelnemers in hul afwesigheid saam kan lag.

Só het Gretha Wiid, die aanbieder van die Worthy Women-saamtrekke, gister gespot toe sy oor die eerste van dié geleent­hede in die Kaap gepraat het.

Wiid se gewilde saamtrekke, wat met dié van Angus Buchan vergelyk word, kom vandeesmaand die eerste keer hierheen.

Die Worthy Women-saamtrekke lok dikwels duisende vroue en volgens Wiid is daar altyd Kapenaars wat dit ook bywoon. Daarom het sy besluit dat die “berg na Mohammed” moet gaan.

Die geleentheid gaan op 21 Februarie in die His People-kerk in Goodwood gehou word.

Sy het verduidelik dat die ­tema “Deurbraak” daarna verwys dat vroue gereeld sukkel om hul werk, gesinslewe en private lewe te balanseer en dan moedeloos raak. “Ek wil aan hulle sê die Here wil ons ’n deurbraak gee om deur hierdie kwessies te werk.”

Die saamtrek bied praktiese raad uit die Bybel aan vroue om hul daaglikse probleme op te los en nie hulself “altyd laaste te stel nie.

“Vroue wil weet wat om te doen en ons gaan reguit praat oor regte kwessies rondom regte vroue,” het sy gesê.

“Ons kan ook lekker saam lag, veral as die mans nie by is nie . . . so julle [mans] mag nie kom nie.”

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.