Hugo Minnaar (21) van Brackenfell spog met die motorfiets wat hy gekoop het nadat hy verlede jaar R30 000 gemaak het deur sy klasopsommings aan sy klasmaats te verkoop.
Foto:
LULAMA ZENZILE
“Ek het een dag in die Neelsie gesit om my notas te verkoop. Mense het eintlik heeltyd tougestaan. Toe ek by die huis kom en my rugsak oopmaak, het daar ’n hoop geld op my bed gelê.
“Ek het daardie dag R10 000 gemaak,” het Minnaar gesê.