Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
100% vir dié skool

Alexander PezarroFoto’s: Verskaf
Asiphile Betela
Benjamin Aliker
Christopher Poole
Craig Mcpherson
Daniel Roodt
Daniel Stijkel
Dylan Bowker
Ignus Potgieter
James York
Merrion Gess
Peter Voges
Ryan Ford
Sebastian McIntosh
Sophakama Ntshingana

Die matriekklas van 2019 aan die St. Andrew’s College in Makhanda (voorheen Grahamstad) het ’n 100%-slaagsyfer behaal.

Hieronder het 94% van die seuns toelating gekry om op universiteitsvlak ’n graad te verwerf.

Die leerlinge van die St. Andrew’s College is deel van die altesame 11 818 kandidate wat die nasionale seniorsertifikaateksamen van die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) afgelê het. Die algehele slaagsyfer vir die IEB-kandidate is 98,82%.

Een van die St. Andrew’s College se uitblinkers is Alexander Pezarro van Gaborone, Botswana. Hy het ses onderskeidings verwerf en een Cambridge-vlak A-onderskeiding.

Hy het 97% gekry vir IEB-wiskunde en 92% vir Cambridge-vlak A-wiskunde.

Die St. Andrew’s College sê in ’n verklaring Dylan Bowker (Middelburg), Christopher Poole (Port Elizabeth), James York (Makhanda) en Sebastian McIntosh (Kaapstad) het elk vyf onderskeidings gekry.

Kort op hul hakke met vier onderskeidings is:

Merrion Gess, Daniel Roodt (albei van Bathurst), Ignus Potgieter, Ryan Ford, Peter Voges (Makhanda), Craig Macpherson (Malawi) en Daniel Stijkel (Harare, Zimbabwe).

Pezarro en Bowker het in wiskunde en aardrykskunde in die top-1% op nasionale vlak gepresteer.

Alan Thompson, skoolhoof, sê hulle wil ook erkenning gee aan die seuns wat van die beste uitslae ontvang het in hul hele skoolloopbaan.

Mathew Conroy, Zion Makani, Zandi Gaga, James Ovendale, Freddy Turner, Stewart Smith, Chiko Mundashi, Benjamin Aliker, Andrew Clucas en Merrion Gess het hul uitslae van gr. 11 met 5% verbeter.

Van die ander A+-uitslae is:

  • Rekeningkunde: Alexander Pezarro
  • Aardrykskunde: Dylan Bowker
  • Geskiedenis: Christopher Poole
  • Xhosa eerste addisionele taal: Asiphile Betela, Sophakama Ntshingana
  • Wiskunde: Alexander Pezarro, Craig Mcpherson, Ignus Potgieter
  • Visuele kunste: Merrion Gess

“Om punte te behaal van in die 90% is ’n bewys van toewyding en deursettingsvermoë,” sê Thompson.

Meer oor:  Makhanda  |  Matriekuitslae  |  Matriek 2019  |  Matriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.