Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
100% vir DSG in Makhanda
Emily Morgan
Genevieve Powell
Hannah Loggie
Josie Hickey
Julia Murray
Kate Procter
Laura Fowlds
Lisakhanya Maqula
Lucy Schlebusch
Nina Owen-Jones

Die matriekklas van 2019 aan die Diocesan School for Girls (DSG) in Makhanda (voorheen Grahamstad), het ’n 100%-slaagsyfer behaal. Al die matrieks het ook toelating gekry om op universiteitsvlak ’n graad te verwerf.

Die leerlinge van dié skool is deel van die 11 818 kandidate wat die senior sertifikaateksamen van die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) afgelê het.

Die algehele slaagsyfer vir IEB-kandidate is 98,82%.

Die onderskeidings maak 37% van die simbole uit vir al die vakke wat die leerlinge verwerf het. ’n Volle 75% van die vaksimbole was onderskeidings of ’n B-simbool (bo 70%).

Drie DSG-meisies (Emily Morgan, Nina Owen-Jones en Genevieve Powell) het die IEB se merietelys gehaal vir prysenswaardige prestasie, wat beteken hulle is op nasionale vlak in die boonste 5% vir vyf vakke, en hulle het ’n vlak 7 vir lewenswetenskap behaal.

Volgens DSG is leerlinge 11 keer benoem omdat hulle nasionaal in die boonste 1% vir individuele vakke was.

Hier behoort die louere aan:

  • Saffron Gifford: Rekeningkunde
  • Genevieve Powell: Engels Huistaal
  • Nosiphiwo Nabo: IsiXhosa Eerste Addisionele Taal
  • Nina Owen-Jones: Lewensoriëntering
  • Nina Owen-Jones, Emily Morgan en Saffron Gifford: Lewenswetenskap
  • Musiek: Emily Morgan
  • Visuele kunste: Phoebe Elliott, Genevieve Powell en Hannah Loggie

Die leerlinge wat sewe onderskeidings elk verwerf het, is Saffron Gifford, Emily Morgan, Nina Owen-Jones en Sarah Stevenson.

Owen-Jones het ook ’n onderskeiding gekry vir Cambridge -wiskunde op vlak A. In totaal het sy agt onderskeidings behaal.

Lucy Schlebusch het ses onderskeidings.

Die leerlinge met vyf onderskeidings is Laura Fowlds, Josie Hickey, Hannah Loggie, Lisakhanya Maqula, Julia Murray en Kate Procter.

Sewe meisies het vier onderskeidings en 16 het drie onderskeidings.

Sage Cawse stap weg met drie onderskeidings en 79% vir elk van haar vier oorblywende vakke.

* Vind, vergelyk en lees alles oor 2019 se matriekuitslae op Netwerk24. Die uitslae is van hierdie datums af beskikbaar:

  • IEB: 7 Januarie
  • NSS (Wes-Kaap uitgesluit): 8 Januarie
  • NSS Wes-Kaap: 9 Januarie
Meer oor:  Matriekuitslae  |  Matrieks 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.