Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Matrieks
2de lewenswetenskappe-vraestel verg meer toepassing

Die vyfde week van die eindeksamen het Maandag met lewenswetenskappe se tweede vraestel begin waarin matrieks baie van hul kennis in die vakgebied moes toepas.

Antoinette Eriksson, ’n gr. 12-onderwyseres in lewenswetenskappe by die Hoërskool Brandwag in Benoni, sê die vraestel was “meer van ’n uitdaging” as die eerste een.

“Daar was ’n paar kopkrappers waar leerlinge mooi sou moes dink. Daar was ook ’n paar makliker vrae. Vraag 4 was die laaste paar jare ietwat van ’n uitdaging, maar vanjaar was dit ’n makliker vraag,” sê sy.

Anneke Kriek, ’n gr. 12-onderwyseres in lewenswetenskappe by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, stem saam dat die tweede vraestel moeiliker as Vrydag se eerste vraestel was.

“Daar was baie meer toepassingsvrae en hulle het eintlik in hierdie vraestel nogal redelik min oor die menslike evolusie gevra, wat ek nogal gedink het hulle meer oor sou vra.

“Gelukkig was hier darem redelike straightforward vrae, as ek nou kyk na die langvraag en die vraag oor die natuurlike seleksie en die geografiese isolasie, so daar is maklike punte wat kinders wat geleer het en hard gewerk het, kon kry,” sê Kriek.

Celeste Labuschagne van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Wetenskap-onderwysersvereniging, sê vir haar was Maandag se vraestel dalk effens makliker as die eerste een.

“Die terugvoering van die leerlinge is dat hulle nie gevoel het die vraestel probeer hulle vasvra nie. Wat my en ook ander onderwysers betref, was die langvraag billik en nie onverwags nie. Leerlinge sou dit dus gemaklik kon doen.”

Sy sê leerlinge moes afhanklike veranderlikes en onafhanklike veranderlikes soos vir die wetenskaplike metode ken.

“Dis iets waarmee hulle soms deurmekaar raak, maar hulle doen dit reeds vanaf gr. 10 en behoort dit teen gr. 12 onder die knie te hê. Wat die verduidelikings betref sou leerlinge soos gewoonlik mooi moes verduidelik om die volle punte vir die verduideliking te kry.

“Daar is ’n staafgrafiek gevra wat nie uitdagend moeilik was nie en leerlinge sou nie regtig moeilikheid daarmee hê nie,” sê sy.

Volgens Labuschagne was die vraag oor natuurlike seleksie voor die hand liggend en die vraag oor DNS-profiele was te verwagte.

“Leerlinge behoort nie te veel gesukkel het daarmee nie. Die vraag oor kloning is nie noodwendig reguit gevra nie, hulle sou ’n bietjie moes dink, maar die vraag was heel doenbaar.”

Die tweede geskiedenisvraestel, asook die eerste ingenieursgrafika en -ontwerp-vraestel (IGO), kom Dinsdag aan die beurt.

Meer oor:  Matriek 2020  |  Matriekeksamen  |  Matrieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.