Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Inspirasie
10 jaar later weer ’n A!
Jade Hamman, die Sekondêre Skool Groenberg se eerste A-kandidaat in tien jaar, is gereed vir ’n mediese loopbaan. Foto: DENIQUE SMITH

’n Matriekleerling aan die Sekondêre Skool Groenberg is die eerste A-kandidaat van dié skool in tien jaar. Maar dit beteken vir Jade Hamman (18), van Grabouw, nie veel nie.

“Ek kyk nie daarteen vas nie, want dit gaan oor veel meer as dit. Ek het hard gewerk om te kom waar ek is. Vir my persoonlik is die A-kandidaatskap baie algemeen,” sê Jade, wie se gemiddeld 85% was tydens sy matriekjaar.

Beloning vir sy harde werk

Behalwe sy A-gemiddeld het hy ook vyf onderskeidings gekry, onder meer vir wiskunde, fisiese wetenskappe en rekeningkunde.

Jade, ’n toppresteerder in sy skool, sê hy moes in matriek harder werk as gewoonlik.

“Die eerste kwartaal was ’n groot skok vir my, want my punte was baie laer as wat ek verwag het. Dit het my aangespoor om die tweede kwartaal harder te werk en ek het die vrugte daarvan gepluk. Ek het net verder daarop gebou,” voeg hy by.

“Daar is ook talle ekstra klasse aangebied waar ons hulp gekry het. Ons kon ook vir die onderwysers vrae vra oor afdelings of onderwerpe wat ons nie in die klas verstaan het nie. Dit het my baie gehelp tydens die eind­eksamen.”

Jade is veral opgewonde oor die mediese studie wat hy aan die Universiteit van die Vrystaat begin. Hy voeg by hy wil graag by die Tygerberg-hospitaal werk.

Jade is veral opgewonde oor die mediese studie wat hy aan die Universiteit van die Vrystaat begin. Hy voeg by hy wil graag by die Tygerberg-hospitaal werk.

“Reeds van ’n jong ouderdom af wou ek al medies studeer. Dit het my van die begin af geïnteresseer. Grey’s Anatomy (’n mediese televisiereeks) is juis een van my gunsteling- TV-programme. Ek sien wat hulle doen en wonder dan soms of ek dit ook eendag sal kan doen,” sê hy laggend.

“Ek is net nog nie seker waarin ek wil spesialiseer nie. Maar ek glo wanneer ek daar is, sal dit sommer gou by my opkom.”

Jade word grootgemaak deur sy ma, Ilsiré Fortuin (43), wat in ’n vrugtefabriek werk. Sy is die een wat Jade volgende jaar baie gaan mis.

“Albei van ons sal moet aanpas om sonder mekaar klaar te kom. 

“Ek help haar baie in en rondom die huis. Dit is een van die dinge wat sy volgende jaar self moet doen omdat ek nie hier gaan wees nie. Ek gaan ook my kuiers by my ouma mis. Dit gaan ’n groot aanpassing wees,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.