Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Inspirasie
Danksy die gemeenskap is Simoné se lewe in Moorreesburg die beste

Toe haar gesin inderhaas na Moorreesburg moes verhuis met net sakke met hul klere, het Simoné Blaauw (18) nooit gedink dié dorp sal haar tuiste word en haar hele lewe verander nie.

“Ek hou nie van verandering nie, so dit was maar moeilik. Maar ek het geleer jy kan net groei as jy soms platgeslaan word,” vertel dié gewese leerling van die Hoërskool Dirkie Uys, wat gister matriek met twee A’s geslaag het.

Simoné en haar ma het voorheen in Polokwane gewoon en nadat haar oupagrootjie dood is, het haar oumagrootjie by hulle ingetrek. Haar ouma kry toe kanker en haar ma moes haar werk los om heeltyds na haar Ouma te kon kyk, wat ongelukkig oorlede is.

“My oumagrootjie trek toe na ’n beroerte na haar ander dogter. My ma het toe geen inkomste gehad nie en toe word ons uitgesit uit ons huis weens die tekort aan finansies en my ma besluit toe ons trek Moorreesburg toe na my grootouma en -oupa se huis.”

Daar het hulle aangekom net met hul klere – geen meubels, kos of geld.

’n Groot trek en finansiële probleme het Simoné Blaauw laat besef hoe bevoorreg sy is.Foto: VERSKAF

“Ons het op matrasse geslaap met net een waaier in die huis, en hoewel alles vreemd was en ons nuut was, het die mense in die gemeenskap ons met ope arms verwelkom.

“Ons het by die kerk aangesluit en die Here sorg toe so mooi vir ons.

“Daar was nie een aand dat ons honger gaan slaap het nie.”

By die skool was dit ook ’n heel nuwe ervaring, want sy het alles agtergelaat en moes weer vriende maak. Simoné het dus besluit om betrokke te wees by alles om in te pas en het veral ’n liefde gevind vir netbal.

Aan die begin was sy nie baie lus vir die nuwe mense en omgewing nie en beskryf haarself as iemand wat bietjie bederf was en gewoond daaraan dat alles vir haar gedoen word.

“Ek het ’n groot vriendekring opgebou, iets wat ek nooit gedink het sal gebeur nie. Almal hier het my geleer en laat besef dat jy moet werk vir wat jy wil hê.

“Ek het altyd gedink ek gaan vir ewig in Polokwane wees, maar hierdie was die beste verandering wat nog ooit gebeur het. Ek het as mens gegroei en is vandag ’n beter mens.”

Dié donkerkop vertel wel met ’n sagter stem dat sy aan die begin baie negatief was, veral ná haar ouma se dood en weens hul omstandighede.

“Ek het gehuil by die Here en gevra hoekom hy dit aan my doen. Dan daarna weer vir die Here jammer gesê oor ek dit vra.

“Ek het besef dat al het ek min, is ek eintlik baie gelukkig.”

Meer oor:  Moorreesburg  |  Matriek2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.