Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Inspirasie
‘Ek besluit drie dae voor my eindeksamen ek gaan skryf’
Rolandi Strydom (18) het matriek geslaag ondanks baie tyd in die hospitaal. Foto: VERSKAF

Sy was oortuig daarvan dat sy haar hele matriekjaar aan die Hoërskool Outeniqua in George sal moet oordoen omdat sy in die tweede kwartaal van die skooljaar laas by die skool was.

Maar Rolandi Strydom (18) was vasbeslote om haar matriekeindeksamen te skryf ondanks die feit dat sy die hele jaar in en uit die hospitaal was weens ’n gewas op haar nier.

'n Skielike terugval

Met die begin van die tweede kwartaal kon Rolandi nie van haar bed af opstaan nie en ook niks eet of drink nie. Sy het gehoop sy sou beter word, maar is later na die George­hospitaal. Hulle het aanvanklik gedink dit is ’n rugspasma omdat sy ’n perderuiter is.

“Met my aankoms by die hospitaal het hulle gesien dat daar bloed in my urine is. Daarna het hulle ’n skan­dering gedoen en gesê daar is ’n gewas op my nier,” vertel Rolandi.

“Die dokters het nie geweet wanneer die gewas begin groei het en hoekom daar een is nie. Hulle het ’n monster getrek en dit na die Grootte Schuur-hospitaal gestuur, maar hulle kon ook nie presies sê wat fout is met my nie.”

Die dokters het nie geweet wanneer die gewas begin groei het en hoekom daar een is nie. Hulle het ’n monster getrek en dit na die Grootte Schuur-hospitaal gestuur, maar hulle kon ook nie presies sê wat fout is met my nie.

Daarna is besluit om die gewas te verwyder, maar net voor die operasie het die gewas gebars. Sy moes toe met ’n dreineerbuis loop om van al die vloeistof ontslae te raak.

“Ons het gedink alles is oukei nadat die dreineerbuis ingesit is, maar toe sien die dokters daar is geel vloeistof, etter, in die buis. As dit nie urine is wat daarin is nie, is dit sleg. Hulle het vir my ’n stent tussen my nier en my blaas gesit. Ek het al in daardie stadium 40% van my nier verloor,” vertel sy.

Sowat anderhalf maand later, toe sy vir haar opvolgbesoek gaan, het die dokters weer ’n kol op haar nier gesien wat lyk soos vesel.

“Ek is ’n mediese raaisel vir die dokters en professors van die Grootte Schuur-hospitaal, want hulle het nie geweet hoe om die kol te behandel of geweet wat presies dit was nie. Tot op hede het niks sleg gebeur nie – touch wood!”

Sy sê die afgelope ses maande het ’n groot impak op haar skooljaar gehad.

“Ek is ’n mediese raaisel vir die dokters en professors van die Grootte Schuur-hospitaal, want hulle het nie geweet hoe om die kol te behandel of geweet wat presies dit was nie. Tot op hede het niks sleg gebeur nie – touch wood!”

“Ek het drie dae voor my eindeksamen besluit ek gaan skryf. Dit was egter vir my baie moeilik omdat ek baie vinnig moeg geraak het en kon nie lang tye sit en leer nie. Ek moes ook gedurende die skryf van my eksamen eet en drink.

Ek sou soms net ’n uur leer en die res van die dag slaap. Dit het my baie frustreer, maar ek het dit uiteindelik gemaak.

“Gelukkig was my ouers en kêrel daar om my te help leer vir my vakke en het my regdeur die jaar ondersteun. Ek weet ek gaan nie onderskeidings kry nie, maar solank ek net my matriek slaag.”

Noudat sy matriek geslaag het, is haar toekomsplan om deur Unisa te studeer. Sy beoog om eendag as ’n forensiese eksaminator te werk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.